Verskil tussen weergawes van "Narmada"

77 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
Hersien
(Nuwe artikel)
 
k (Hersien)
Die '''Narmada''' ([[Hindi]]: नर्मदा, ''narmadā'', [nʌɽmʌdɑː], [[Gujarati]]: નર્મદા નદી), '''Nerbudda''' of '''Rewa''' is die grootste [[wes]]-vloeiende [[rivier]] in [[Indië]]. Die rivier, met 'n lengte van 1&nbsp;315&nbsp;km (817&nbsp;myl), is ná die [[Indus]], [[Brahmaputra]], [[Ganges]] en [[Godavari]] die vyfde langste rivier in [[Suid-Asië]]. Die Narmada word in die [[Hindoeïsme]] as heilig beskou, wat van dié rivier 'n belangrike pelgrimstog vir Hindoes maak.<ref>{{en}} {{cite web|url=https://www.britannica.com/place/Narmada-River|title=Narmada River|publisher=[[Encyclopædia Britannica]]|date=15 Desember 2012|accessdate=22 Desember 2016}}</ref> Dié rivier vorm die tradisionele grens tussen Noord-Indië met die Gangesvallei en Suid-Indië met die Dekan-plato. Die Narmada se hele rivierloop word in die noorde deur die Vindhya- en in die suide deur die Satpura-gebergtes begrens.
 
Die Narmada ontspring in die Amarkantak-plato in Sentraal-Indië, net oos van [[Jabalpur]] in die deelstaat [[Chhattisgarh]]. Aansluitend vloei dié rivier in 'n westelike rigting en bereik die deelstaat [[Madja PradesjMadhjapradesj]]. Hier vloei dié rivier net suid van [[Bhopal]] en [[Indore]]. Daarna bereik die Narmada die deelstaat [[Gujarat]] net suid van [[Vadodara]] en mond net noord van [[Surat]] in die Golf van Khambhat, wat deel uitmaak van die [[Arabiese See]], uit.
 
== Verwysings ==
 
[[Kategorie:Riviere in Indië]]
[[Kategorie:Chhattisgarh]]
[[Kategorie:Gujarat]]
[[Kategorie:Madhjapradesj]]