Verskil tussen weergawes van "Verbruikerisme"

Geen grootteverandering nie ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
 
=== Massaproduksie ===
Die [[Industriële Revolusie]] het die beskikbaarheid van verbruiksgoedere dramaties laat toeneem, maar dit was steeds hoofsaaklik op die kapitaalgoederesektor en industriële infrakstruktuurinfrastruktuur gefokus (i.e., mynbou, staal, olie, vervoernetwerke, ens.).<ref>Ryan in Ritzer 2007, p. 701</ref> Die koms van die [[afdelingswinkel]] het 'n paradigmaverskuiwing in die inkopie-ervaring verteenwoordig. Vir die eerste keer kon kopers 'n verstommende verskeidenheid produkte op een plek koop en inkopies het 'n gewilde ontspanningsaktiwiteit geword. Waar die norm voorheen die skaarste van hulpbronne was, het die [[Industriële Revolusie|Industriële era]] 'n ongeëwenaarde ekonomiese situasie geskep. Vir die eerste keer in die geskiedenis was produkte in ongekende hoeveelhede teen uiters lae pryse beskikbaar, met die gevolg dat dit binne feitlik almal in die geïndustrialiseerde Weste se bereik was.
 
Met die aanbreek van die 20ste eeu het die gemiddelde werker in [[Wes-Europa]] of die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] steeds ongeveer 80-90% van sy inkomste aan voedsel en ander noodsaaklikhede bestee. Ware verbruikerisme sou egter deur [[massaproduksie]] en -verbruik aangemoedig word, waarvan [[Henry Ford]], die Amerikaanse motorvervaardiger, 'n belangrike voorbeeld is.
=== In die 21ste eeu ===
[[Lêer:Dongmen.JPG|duimnael|[[McDonald's]]- en [[KFC]]-restaurante in [[Volksrepubliek China|China]]]]
Navolging is 'n wesenlike komponent van 21ste eeuse verbruikerisme. Verbruikers toon oor die algemeen 'n neiging om persone wat 'n hoër posisie op die sosiale leer beklee, na te volg. Die behoeftiges wil die welgesteldes naboots, en die welgesteldes probeer om beroemdes en andeander ikone na te doen. Die bemarking van produkte deur beroemdes dien as bewys van die moderne verbruiker se begeerte om produkte te koop om beroemdes of persone met 'n hoër status na te volg.
 
== Kritiek ==
992

wysigings