Boeing B-29 Superfortress: Verskil tussen weergawes

Skakel
(Skakel)
[[Beeld:Boeing-Whichata_B-29_Assembly_Line_-_1944.jpg|duimnael|regs|280px|Boeing se Whichata B-29 monteerlyn in 1944]]
 
Die '''Boeing B-29 Superfortress''' was 'n viermotorige skroefgedrewe swaar [[bomwerper]], deur [[Boeing]] ontwerp, wat hoofsaaklik deur die [[Verenigde State van Amerika]] gevlieg is teen die einde van die [[Tweede Wêreldoorlog]] en in die [[Korea-oorlog]]. Dit was een van die grootste vliegtuie wat diens gedoen het tydens die Tweede Wêreldoorlog en 'n baie gevorderde bomwerper vir sy tyd, met eienskappe soos 'n drukkajuit, 'n elektroniese vuurstelsel, en 'n kwartet van afstandbeheerde masjiengeweertorings bedryf deur die vuurstelsel in sy verdedigende stertgeweerinstallasie.
 
Die naam "Superfortress" is afgelei van dié van sy bekende voorganger, die [[Boeing B-17 Flying Fortress|B-17 Flying Fortress]]. Hoewel ontwerp as 'n hoë-hoogte strategiese bomwerper, en aanvanklik gebruik in hierdie rol teen die Japannese Ryk, is hierdie aanvalle as teleurstellend bewys; as 'n gevolg is die B-29 as die primêre vliegtuig in die Amerikaanse vuurbomveldtog gebruik, en was op groot skaal betrokke in lae-hoogte nagtelike brandbombarderingsmissies. Een van die B-29 se finale rolle gedurende die Tweede Wêreldoorlog was die uitvoering van die atoombomaanvalle op [[Hiroshima]] en [[Nagasaki]].