Zuid-Afrikaansche Stichting Moederland: Verskil tussen weergawes

Wikilinking
(Wikilinking)
Stigting ZASM ('''Zuid-Afrikaansche Stichting Moederland''') is 'n Nederlandse organisasie met as doelstelling die bevordering van die Nederlandse kulturele en ekonomiese belange in Suid-Afrika. Om die doel te bereik het die vereniging 'n kultuursentrum in [[Suid-Afrika Huis]] in [[Amsterdam]] met 'n uitgebreide biblioteek en argief. Voorts steun dit onder andere die [[Maandblad Zuid-Afrika]], die [[Nederlands-Zuid-Afrikaanse Vereniging]] (NZAV), die Suid-Afrikaans Instituut, [[Huis der Nederlanden]] (SASNEV) in Pinelands ([[Kaapstad]]), Afrikaanse kultuuraktiwiteite in Nederland, die professoraat in Afrikaans aan die [[Universiteit van Amsterdam]] en die [[Groot Woordeboek Afrikaans en Nederlands]] (algemeen bekend as ANNA).
 
Nederlandse beleggers het teen die einde van die 19de eeu geld verskaf vir die oprigting van die Nederlands-Zuid-Afrikaansche Spoorwegmaatschappij (NZASM) ([[Nederlands-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy]]) en die bou van die spoorlyn van [[Pretoria]] na Lourenco Marques ([[Maputo]]). Toe die Boere die [[Tweede Vryheidsoorlog]] verloor, is aan die aandeelhouers 'n skadevergoeding uitbetaal. Met die een miljoen gulden wat na die [[likwidasie]] van die NZASM oorgebly het, is in 1908 die Vereeniging ZASM (vanaf 1969 Stigting ZASM) opgerig. In 1923 koop die organisasie Suid-Afrika Huis. Die Stigting hou die dialoog tussen Nederland en Suid-Afrika in die apartheidsjare aan die gang ten spyte van die oorheersende gevoel in Nederland om Suid-Afrika te boikot.
 
== Bibliografie ==
6 229

wysigings