Verskil tussen weergawes van "Wetgewer"

203 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Unibicameral Map.png|300px280px|duimnael|{{legend|#38b4d8|Lande met tweekamer-wetgewers.}}{{legend|#f09c30|Lande met eenkamer-wetgewers.}}{{legend|#a0989f|Geen wetgewer.}}]]
[[Lêer:National Assembly of South Africa 2007.jpg|duimnael|Raadsaal van Suid-Afrika se Nasionale Vergadering.]]
 
'n '''Wetgewer''' is 'n beraadslaende vergadering met die gesag om wette vir 'n [[politiek]]e entiteit soos 'n [[land]] of [[stad]] te maak. So 'n liggaam staan as die '''wetgewende gesag''' (of mag) bekend. Die wette wat deur 'n wetgewer gepromulgeer (verorden; in werking gestel) is, staan as ''wetgewing'' bekend. Wette wat nie gepromulgeer is nie, is nie van krag nie, en staan as wetsontwerpe bekend.
Politieke teorie bepaal dat gesag verdeel moet word en dat die wetgewer apart van die uitvoerende gesag en die regbank funksioneer. 'n Wetgewer mag dus nie die wette wat dit opstel toepas of afdwing nie. Die skeiding van magte is oorspronklik deur die Fransman [[Charles Montesquieu]] bedink. Die meeste moderne politieke stelsels voldoen oor die algemeen aan hierdie beginsel.
 
Wetgewers bestaan gewoonlik uit [[politici]] wat deur mense verkies word. Hulle neem die optrede van die uitvoerende gesag (regering) waar en stuur dit met behulp van nuwe of gewysigde wetsontwerpe. Hulle het meestal eksklusiewe gesag om die begroting te wysig.
 
'n Wetgewer bestaan soms uit meer as een kamer. Al die kamers moet 'n bepaalde wetsontwerp goedkeur voordat dit gepromulgeer kan word. [[Suid-Afrika]], as voorbeeld, het 'n tweekamer-wetgewer wat uit 'n laerhuis (die [[Nasionale Vergadering van Suid-Afrika|Nasionale Vergadering]]) en 'n hoërhuis (die [[Nasionale Raad van Provinsies]]) bestaan.
 
== Sien ook ==
{{Saadjie}}
* [[Parlement]]
 
== Eksterne skakels ==
* {{Commonskat-inlyn|Legislatures}}
 
[[Kategorie:Wetgewende gesag| ]]