Verskil tussen weergawes van "Laingsburg"

1 140 grepe bygevoeg ,  15 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(+kat)
No edit summary
'''Laingsburg''' is 'n dorp in die [[Karoo]] (provinsie [[Wes-Kaap]], [[Suid-Afrika]]), wat in [[1881]] gestig is en veral bekend staan om die verwoestende vloed 100 jaar later in [[1981]]. Laingsburg is vernoem na die destydse kabinetsminister T. Laing. Die gemeente van die [[NG Kerk]] is twee jaar na die dorp in [[1883]] afgestig.
 
Laingsburg het op die plaas Zoute Vlakte tot stand gekom, wat in [[1862]] is deur Stephanus Carel Greeff gekoop is. Hy het glo gereeld verblyf en etes aan reisigers op pad na die Noorde verskaf.
 
Die ontdekking van minerale in die [[Vrystaat]] en [[Transvaal]] het die aanlê van 'n dorp, as 'n halfwegstasie tussen [[Worcester]] en [[Beaufort-Wes]], genoodsaak. Boonop het die spoorlyn in [[1879]] die [[Buffelsrivier]] bereik en die Buffalo River-stasie het ontstaan.
 
Greeff het die plaas Vischkuyl, wat aan die Buffelsrivier gelê het, gekoop en proviand aan die spoorwegwerkers en reisigers verkoop. Ongemerk het 'n klein dorpie, Nassau, by die stasie ontwikkel en die eerste erwe is op [[1 April]] [[1880]] uitgesit.
 
'n Bepaling dat daar 'n trekpad van 800 voet breed deur dié nedersetting moet wees, het byna die planne vir 'n volwaardige dorp in die wiele gery. Die Kommissaris van Kroongrond, John Laing, het ingegryp en die serwituut is tot 150 voet gewysig.
 
Uit dankbaarheid het die inwoners van die klein Nassau-gemeenskap besluit om die dorp na Laing's Town te herdoop. Later is dié naam verafrikaans na Laingsburg, veral toe neerhalend verwys is na dié dorp as Linkstoon. In [[1882]] is die eerste [[NG gemeente Laingsburg|NG gemeente]] op Laingsburg gestig.
 
 
{{Wes-Kaap}}
3 192

wysigings