Verskil tussen weergawes van "Bordeaux"

Geen grootteverandering nie ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
|}
 
'''Bordeaux''' ([[Frans]]: [bɔʁˈdo], [[Oksitaans]]-[[Gaskonies]]: ''Bordèu'', [[Baskies]]: ''Bordele'') is 'n hawestad in die suidweste van [[Frankryk]] met 'n bevolking van 241&nbsp;287 (in 2012). Bordeaux is die administratiewe [[hoofstad]] van die région (gewes) [[Nieu-Akwitanië]] en die [[département]] [[Gironde]] en die sentrum van die metropolitaanse gebied Arcachon-Bordeaux-Libourne met 'n totale bevolking van 1,25 miljoen. Die inwoners word in Frans ''Bordelais'' genoem. Bordeaux is die grootste stad in die département Gironde, die région Akwitanië en die negende grootste in Frankryk. Die stedelike agglomerasie van Bordeaux is die sesde grootste in die land. Bordeaux is bekend vir sy voortreflike kos en wyn.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
 
Bordeaux is bekend vir sy voortreflike kos en wyn.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref> Danksy die plaaslike wingerde het Bordeaux reeds in die [[Middeleeue]], maar veral vanaf sy "goue tydperk" in die 18de eeu internasionale bekendheid verwerf. As die hoofstad van die voormalige provinsie Guyenne (wat grootliks met die huidige gewes Akwitanië ooreenkom) het Bordeaux deel uitgemaak van [[Gascogne]]. Die stad is teen die rand van die landskap Landes de Gascogne geleë.
 
Bordeaux se Lune-hawe is deur [[Unesco]] in Junie 2007 as [[wêrelderfenisgebied]] gelys. Dit was een van die gasheerstede van die [[Rugbywêreldbeker 2007]] wat vir die eerste keer in 'n Franssprekende land gehou is.