Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

294 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Oberfallenberg_8.jpg|duimnael|links|Uitsig oor die Switserse Alpe anderkant die grens vanuit die bergpiek Oberfallenberg naby Dornbirn]]
'''Vorarlberg''' is die mees westelike en, ten opsigte van sy oppervlakte en bevolking, op een na ook die kleinste deelstaat van die [[Oostenryk|Republiek Oostenryk]]. [[Bregenz]] is die [[hoofstad]] met 27 726 inwoners, terwyl [[Dornbirn]] met 'n bevolking van 45 520 die grootste nedersetting in die deelstaat is.
 
Die gebied van die huidige deelstaat het sy eie streeksidentiteit eers relatief laat en nie voor die 19de eeu ontwikkel nie.<ref>[http://vorarlberg-chronik.at/id1-bis400/roemer_vorarlberg ''Vorarlberg Chronik: Die Römer im Gebiet des heutigen Vorarlberg. Besoek op 28 Februarie 2017'']</ref>
 
In kulturele opsig verskil Vorarlberg merkbaar van die ander Oostenrykse deelstate. So word hier [[Alemanniese Duits|Alemanniese]] dialekte (Vorarlbergs) gepraat wat, behalwe vir kleiner taaleilande in [[Tirool]], nie elders in Oostenryk voorkom nie en nou verwant is aan Alemanniese dialekte in Suidwes-Duitsland en [[Switserland]]. Geografies maak Vorarlberg deel uit van die [[Ryn]] se dreineringsgebied, terwyl die res van die land - met klein uitsonderings - deur die [[Donau]] gedreineer word.
99 545

wysigings