Verskil tussen weergawes van "Habsburg (kasteel)"

k
geen wysigingsopsomming nie
k (+ skakel)
k
[[Lêer:Habsburg-Schloss.jpg|duimnael|Die Habsburg-kasteel, suidwestelike aansig]]
Die '''Habsburg-kasteel''' was oorspronklik 'n dubbele [[kasteel|woonkasteel]] wat deur die grawe van Habsburg naby die gelyknamige nedersetting in die [[Switserland|Switserse]] [[kanton]] [[Aargau]] op die bergpiek Wülpelsberg teen 'n hoogte van 505 m bo seevlak opgerig is. Die kasteel het bekendheid verwerf as die stamkasteel van die [[Huis van Habsburg]], een van die magtigste adellike dinastieë in die [[Europa|Europese]] geskiedenis, wat sy magsfeer aanvanklik met die verwerwing van gebiede in die kasteel se onmiddellike omgewing begin uitbrei het.
 
Die bergpiek het, soos uit argeologiese opgrawings blyk, reeds in die Middel-Bronstydperk en in die Romeinse tydperk as woonplek gedien. Die kasteel se stigting deur die vroeë Habsburger Radbot omstreeks 1020/30 is in historiese dokumente oorgelewer.<ref>[http://www.hls-dhs-dss.ch/textes/d/D11153.php ''Historisches Lexikon der Schweiz: Habsburg (Burg). Besoek op 4 Maart 2017'']</ref> Die eerste histories oorgelewerde graaf van Habsburg was Otto II (in 1108).