Verskil tussen weergawes van "Titaan"

Geen grootteverandering nie ,  3 jaar gelede
k
k (+ Navigasie)
== Kenmerkende eienskappe ==
[[Lêer:Ti covered watches.jpg|left|200px|thumb|'n Horlosie met 'n Titaanomhulsel]]
Titaan is goed bekend vir sy uitstaande [[korrosie]]weerstand (bykans net so goed as [[platinum]]), en kan chemiese aanslag deur [[suur|sure]], vogtige [[chloor]]gas en soutoplossings weerstaan. Suiwer titaan is nie in water [[oplosbaarheid|oplosbaar]] nie maar is oplosbaar in gekonsentreerde sure. Titaan is 'n [[metaal]]agtige [[element]] wat ook bekend is vir sy hoë sterkte-tot-gewigverhouding. Dit is 'n sterk, ligte metaal met 'n lae [[digtheid]] (40% die digtheid van [[staal]]) wat in suiwer vorm baie [[smeebaar]] is (veral in 'n [[suurstof]]vrye omgewing), dit is maklik bewerkbaar en het 'n glansende metaalwit [[kleur]]. Die relatiewe hoë [[smeltpunt]] van hierdie element maak dit nuttig as 'n [[vuurvaste metaal]]. Titaan is net so sterk as staal, maar is 45% ligter; dit is 60% swaarder as [[aluminium]] maar tweemaal sterker. Hierdie eienskappe maak titaan bestaanbestand teen die gewone soorte [[metaalvermoeidheid]].
 
Die metaal vorm 'n passiewe, beskermende [[oksied]]laag (wat aanleiding gee tot sy korrosieweerstand) wanneer dit blootgestel word aan hoë temperature in die teenwoordigheid van lug maar teen kamertemperature bly dit vlekvry. Die metaal wat brand as dit in lug bo 610°C of hoër verhit word (met die gepaardgaande vorming van titaandioksied) is een van die min elemente wat in suiwer [[stikstof]]gas brand (brand teen 800°C en vorm [[titaannitried]]. <!-- let wel baie bronne sê dat dit die enigste element is wat in stikstof brand--> Titaan bied weerstand teen verdunde [[swaelsuur|swael-]] en [[soutsuur]], asook teen [[chloor]]gas, [[chloried]]mengsels en die meeste [[organiese suur|organiese sure]]. Dit is [[paramagneties]] (swak aantrekkingskrag tot [[magneet|magnete]]) en het 'n baie lae [[elektriese geleidingsvermoë|elektriese-]] en [[termiese geleidingsvermoë]]. Eksperimente het getoon dat natuurlike titaan uiters [[radio-aktief]] word nadat dit met [[deuteron]]e gebombardeer word met die uitstraling van hoofsaaklik [[positron]]e en harde [[gamma-straal|gamma-strale]]. Die metaal is 'n dimorfiese [[allotropie|allotroop]] waar die heksagonale vorm baie stadig na die kubiese beta vorm omskakel teen ongeveer 880 [[Celsius|°C]]. Wanneer die metaal rooiwarm word reageer dit met suurstof en wanneer dit 'n temperatuur van 550°C bereik verbind dit ook met [[chloor]]. Die metaal reageer ook met ander [[halogeen|halogene]] en absorbeer [[waterstof]].
10 600

wysigings