Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

geen wysigingsopsomming nie
[[Lêer:Maquina vapor Watt ETSIIM.jpg|thumb|regs|300px|'n Watt-stoomenjin. Die stoomenjin het Industriële Revolusie in Brittanje en elders aangedryf.]]
 
Die '''Industriële Revolusie''' (ook bekend as die '''nywerheidsomwenteling''') het omstreeks [[1750]] in [[Engeland]], toe nog die magtigste ryk op aarde, begin. Hierdie gebeurtenis het behels dat goedere ál hoe minder met die hand gemaak word, maar eerder deur middel van masjiene[[masjien]]e in groot [[fabriek]]e. Die Industriële Revolusie het later ook na baie ander lande versprei, en kon uiteindelik 'n "revolusie" (massiewe veranderings) genoem word omdat dit die gesig van die aarde en die doen en late van alle mense op aarde permanent verander het.
 
Die Industriële Revolusie het Engeland só sterk gemaak dat dit ekonomies, en soms ook militêr, 'n stewige greep op [[Europa]] gekry het. Engeland se militêre mag was gegrond op 'n ontploffende ekonomie en het onder andere daartoe gelei dat die land 'n reuse voorloper in die stryd om kolonies was. Die Industriëele Revolusie het ook Engeland gehelp om die [[Frankryk|Franse]], onder beheer van [[Napoleon Bonaparte]], militêr teen te staan.
 
'n Geïndustrialiseerde gemeenskap is deur hierdie revolusie geskep — 'n gemeenskap waarin ’n'n gemeganiseerde vervaardigingsbedryf die landbou van sy troon gestoot het as die primêre [[Verskaffer (ekonomie)|verskaffer]] van werksgeleenthede. Menigte mense het na geïndustrialiseerde gemeenskappe verhuis in die soeke na 'n werk wat met bevredigende lone vergoed wat hulle in staat sou stel om kos en ander noodsaaklikhede te koop. Hierdie migrasieverskynsel het gelei tot enorme stedelike ontwikkelings en die wegkwyning van die plattelandse gemeenskappe.
 
Sedert die Industriële Revolusie die wêreld begin verander het, het tegnologiese ontwikkelings en nywerheidsgroei feitlik nooit stoom verloor nie. Trouens, sedert 1900, en veral sedert die [[Tweede Wêreldoorlog]], het dit hand oor hand toegeneem. In ’n sekere sin het die revolusie wat teen nagenoeg 1750 begin het, nog nooit geëindig nie.
Wanneer daar in die breë sin na die "Industriële Revolusie" verwys word, is dat gerieflik om dit in 'n aantal "eeue" in te deel. Die datums is by benadering, en verskeie van die tydvakke oorvleuel mekaar. Elk is genoem na die vernaamste soort brandstof, produk of kragbron wat dit gekenmerk het of nog steeds kenmerk.
 
Só is daar onder meer die houteeu (1750-1840), die stoomeeu (1769-1900), die eeu van [[steenkool]] en [[yster]] (1840-1860), die eeu van [[staal]] (wat in 1860 begin het), die atoomeeu (beginnende in 1942), en die satellieteeu (wat in 1957 begin het met die eerste satelliet in ’n'n wentelbaan om die aarde).
 
Die Industriële Revolusie kan ook ingedeel word in die "eerste" revolusie (1750-1860) en die "tweede revolusie" (wat in 1860 begin het). In die tweede tydperk het groot ontwikkelings plaasgevind; soos die moderne proses van staalvervaardiging, elektriese masjinerie en toestelle vir kommunikasie, binnebrandmasjiene, outomatisasie, transistors, rekenaars, atoomkrag en die verowering van die ruimte met al die geweldige tegnologiese vorderings wat daarmee saamgaan.
 
In 'n meer beperkte sin verwys die term "Industriële Revolusie" na ’n'n land se verandering van ’n'n landbou- en handelsekonomie na ’n'n nywerheidsekonomie. Hierdie proses is omstreeks 1850 in Engeland voltooi. In ander lande het die proses later begin en later geëindig. Trouens, dit het in sekere plekke, soos lande in Afrika, eers in die middel van die twintigste eeu begin.
 
Die meer beperkte betekenis van die term is die een wat gebruik is deur [[J.A. Blanqui]], die negentiende-eeuse Franse ekonoom wat met die term vorendag gekom het, en deur [[Arnold Toynbee]], die Engelse ekonoom wie se boek ''[[The Industrial Revolution]]'' (1884) die term gewild gemaak het.
 
== Gevolge van die Industriële Revolusie ==
Anonieme gebruiker