Verskil tussen weergawes van "Industriële Revolusie"

 
== Vervoer en kommunikasie ==
[[Beeld:Rakeman – First American Macadam Road.jpg|thumb|260px|links|Die bou van die eerste macadampad in Amerika (1823). Op die voorgrond breek werkers klippe sodat dit die regte groote en gewig het.<ref name="rakemanPainting">[http://www.fhwa.dot.gov/rakeman/1823.htm "1823 – First American Macadam Road"] (skildery – Carl Rakeman) VSA-departement van vervoer – Federal Highway Administration (URL besoek op 10 Oktober 2008)</ref>]]
In die middel van die 17de eeu was die enigste hoofweë in Engeland dié wat die [[Romeinse Ryk|Romeine]] 14 eeue tevore daar gebou het. Maar met die nywerheidsontwikkeling het ’n goeie vervoerstelsel noodsaaklik geword en in die laat 1700's is met ’n padbouprogram begin. Mense soos [[John Metcalf]], ’n blinde wat die gawe besit het om die geskikte roetes vir paaie met behulp van sy kierie aan te dui, en die twee Skotte [[Thomas Telford]] en [[John McAdam]] het eintlik die moderne padnetwerk begin.
 
In die middel van die 17de eeu was die enigste hoofweë in Engeland dié wat die [[Romeinse Ryk|Romeine]] 14 eeue tevore daar gebou het. Maar met die nywerheidsontwikkeling het ’n goeie vervoerstelsel noodsaaklik geword en in die laat 1700's is met ’n padbouprogram begin. Mense soos [[John Metcalf]], ’n blinde wat die gawe besit het om die geskikte roetes vir paaie met behulp van sy kierie aan te dui, en die twee Skotte [[Thomas Telford]] en [[John McAdam]] (uitvinder van die [[macadampad]]) het eintlik die moderne padnetwerk begin.
 
Steenkool en yster was egter te swaar om per pad vervoer te word. Daar is met die grawe van kanale begin en een onmiddellike gevolg was dat die vervoerkoste van steenkool met die helfte verminder is. Teen 1830 was daar sowat 6&nmbsp;500&nmbsp;km kanale en verbeterde riviere. Intussen was [[Robert Fulton]] in Amerika besig om die stoomboot te vervolmaak. Gereelde stoomvaarte oor die [[Atlantiese Oseaan]] het in [[1838]] begin.