Verskil tussen weergawes van "Dionisia"

2 032 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
Uitgebrei
(Nuwe artikel, nog besig)
 
(Uitgebrei)
 
Die komiese dramaturg [[Aristofanes]] het ’n parodie op die Plaaslike Dionisia geskryf vir sy toneelstuk ''Die Acharniërs''.
 
==Stedelike Dionisia==
Die Stedelike Dionisia, ook bekend as die "Groot Dionisia", was ’n latere instelling wat moontlik in die 6de eeu v.C. ontstaan het. Dié fees is gehou op die 9de tot 13de van die maand [[Attiese kalender|Elafebolion]] ([[Maart]] tot [[April]]), drie maande ná die Plattelandse Dionisia – moontlik om die einde van die winter en die oes van gewasse te vier.
 
Volgens tradisie het die fees ontstaan nadat Eleutherae, ’n dorp op die grens tussen Attika en [[Beosië]], besluit het om deel van Attika te word. Die inwoners het ’n [[standbeeld]] van Dionisos na Athene gebring, maar die Atheners het dit aanvanklik verwerp. Dionisos het hulle toe gestraf met ’n pes wat die [[Penis|manlike geslagsdele]] aangetas het. Dit is genees nadat die Atheners die kultus van Dionisos aanvaar het, vandaar die dra van falusse op die fees – om dié genesing te vier.
 
Ná die ''pompe'' is die Teater van Dionisos gereinig deur ’n bul te offer. Volgens tradisie was die eerste vertoning van ’n tragedie op die Dionisia in 534 v.C. deur die dramaturg en akteur [[Tespis]], waarvan die [[Afrikaans]]e woord "tespies" ([[Engels]]: ''thespian'') afgelei is. Sy prys was volgens berigte ’n [[bok]], ’n algemene [[simbool]] van Dionisos, en is dalk die oorsprong van die woord "tragedie" (wat "boklied" beteken).
 
In die 5de eeu v.C. het die fees vyf dae lank geduur. Minstens drie dae is afgestaan aan tragedies.<ref name="Brockett 1968 18–25">{{cite book|last=Brockett|first=Oscar Gross|title=History of the Theatre|year=1968|publisher=Allyn & Bacon|location=Boston|pages=18–25}}</ref> Op die ander twee dae is lofliedwedstryde gehou tot in 487/'86&nbsp;v.C., toe komiese digters amptelik tot die fees toegelaat is.<ref>Mastromarco, Giuseppe: (1994) ''Introduzione a Aristofane'' (Sesta edizione: Roma-Bari 2004). ISBN 88-420-4448-2 p.3</ref>
 
Op die laaste dag van die fees het die beoordelaars die wenner van die tragedie en die komedie gekies. Die wenners het elk ’n [[klimop]]krans ontvang.
 
== Verwysings ==