Verskil tussen weergawes van "Die Kerkblad"

68 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Dit word met behulp van die Redaksiekommissie en onder toesig van die GKSA se Deputate vir Kerklike Tydskrifte gepubliseer, maar is nie die GKSA se amptelike mondstuk nie.
 
== Ontstaan ==
Die eerste uitgawe het op [[1 April]] [[1873]] onder redaksie van prof. [[Jan Lion Cachet]] op [[Burgersdorp]] verskyn as ''De Maandbode''. Die uitgewer was aanvanklik St. P. O'S. O'Brien en later J.J. McNally. In die eerste uitgawe is die blad se strewe deur sy subtitel verwoord: "Nuusblad toegewy aan die belange van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika." Prof. Cachet het aanvanklik ''De Maandbode'' op eie rekening en risiko uitgegee om die horison van gemeentelede in die hele kerkverband te verbreed, skole onder die pioniersvolk te propageer, en om die lidmate sendingbewus te maak.
 
Nadat prof. Cachet Burgersdorp in 1875 verlaat het om leraar van [[Gereformeerde kerk Philipstown|Philipstown]] te word en daarna sowat nege jaar lank predikant van [[Gereformeerde kerk Steynsburg|Steynsburg]] (1883–'92) was, het ds. [[Dirk Postma]], ook prof. Cachet se opvolger aan die Teologiese Skool, ''De Maandbode'' by hom oorgeneem. Ná ds. Postma se dood in 1890 het die Sinode van 1891 proff. Cachet en [[Stephanus Postma]], ’n seun van ds. Dirk Postma, gevra om die publikasie voor te sit. Die Sinode van 1894 het ''De Maandbode'' aan die kuratore en professore van die Teologiese Kweekskool toevertrou en terselfdertyd die naam verander na ''[[Het Kerkblad]]''. Dieselfde Sinode het prof. Cachet vas aangestel as enigste professor in die teologie aan die skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp om die volle predikante-opleiding te behartig en die rektorskap van die skool met sy voorbereidende afdeling waar te neem.
 
== Eerste naamsverandering ==
Die Sinode van 1894 het ''De Maandbode'' aan die kuratore en professore van die Teologiese Kweekskool toevertrou en terselfdertyd die naam verander na ''[[Het Kerkblad]]''. Dieselfde Sinode het prof. Cachet vas aangestel as enigste professor in die teologie aan die skool van die Gereformeerde Kerk op Burgersdorp om die volle predikante-opleiding te behartig en die rektorskap van die skool met sy voorbereidende afdeling waar te neem.
 
Weens die [[Tweede Vryheidsoorlog]] is publikasie van ''Het Kerkblad'' van Oktober 1899 tot April 1903 gestaak. Einde 1904 is die publikasie sowel as die [[Teologiese Skool Burgersdorp]] na [[Potchefstroom]] verplaas waar J.A. Wormser die uitgewer geword het. (Volgens 'n ander bron het ''Het Kerkblad'' eers vanaf [[1 April]] [[1906]] op Potchefstroom verskyn, weer met Cachet as redakteur, maar dit sou 'n onderbreking in die publikasie veroorsaak het omdat Cachet sy werk begin 1905 op Potchefstroom hervat het. Nadat dit al die jare as maandblad uitgegee het, het dit ná 1910 tweeweekliks begin verskyn. Op [[1 Julie]] [[1922]] is die naam verander na die Afrikaanse ''Die Kerkblad'' met dr. [[Totius|J.D. Totius]] en ds. [[Taetse Hamersma|T. Hamersma]] as redakteurs.
 
== Herorganisasie ==
In 1952 het die Sinode van die Gereformeerde Kerk 'n reorganisasie van ''Die Kerkblad'' goedgekeur ingevolge waarvan die kuratore van die blad vervang is deur 'n sinodale raad, 'n voltydse redakteur so gou moontlik aangestel sou word en die blad voortaan weekliks sou verskyn. Dié belsuite is uitgevoer en vanaf Januarie 1953 tot 1958 was ds. [[Douw Venter|D.G. Venter]] die redakteur. Vanaf Julie 1953 is dit weekliks uitgegee. Later het 'n tegniese bestuurder by die personeel aangesluit.
 
85 669

wysigings