Verskil tussen weergawes van "Johannes Brahms"

161 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (woordkeuse)
No edit summary
|Sterftedatum = [[3 April]] [[1897]]
|Sterfteplek = [[Wene]] ([[Oostenryk-Hongarye]])
|Beroep = Komponis, pianis
|Genre = Klassiek, Romantiek
|Tipe stem =
}}
 
'''Johannes Brahms''' ([[7 Mei]] [[1833]] &ndash; [[3 April]] [[1897]]) was 'n [[Duitsland|Duitse]] komponis en pianis en een van die voorste musikante van die Romantiese periode. Hy is in [[Hamburg]] gebore, maar het 'n groot deel van sy professionele lewe in [[Wene]] in [[Oostenryk]] deurgebring, waar hy die leidende figuur van die Oostenrykse musiektoneel was. Brahms word vandag as een van die vooraanstaandste Europese komponiste van die tweede helfte van die 19de eeu beskou.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
 
Brahms was reeds in sy eie leeftyd 'n gewilde en invloedryke musikant en komponis. Hy het komposisies vir klavier, kamerorkeste, simfonie-orkeste, kore en solo-sangers geskep. Hy was 'n bedrewe pianis en het dikwels die eerste opvoering van sy eie werke gegee. Hy het ook saam met die vooraanstaande opvoerders van sy tyd gewerk, soos die pianis [[Clara Schumann]] en vioolspeler Josef Joachim. Baie van sy werke vorm vandag steeds die hoofbestanddeel van konsertrepertoriums. Talle werke is egter vandag verlore: Brahms was 'n perfeksionis wat baie van sy komposisies vernietig het en geweier het om ander te publiseer.
 
{| class="wikitable" border="1" style="width: 20em; font-size: 90%; float: left; margin-left: 0em; margin-right: 1em;"
|-
| style="text-align: left;" | [[Lêer:Gnome-speakernotes.svg|left|40px]]<big>'''Komposisies'''</big>
|-
|''Sonata in F-mineur, 1ste beweging''[[Lêer:Johannes Brahms - Sonata in F minor, 1st movement.ogg|noicon|]]
|-
| style="text-align: left;" | [[Lêer:Gnome-speakernotes.svg|leftlinks|40px|Speel]]<big>'''Komposisies'''</big>
|''Intermezzo Opus 76. Nr. 7''[[Lêer:Brahms Intermezzo Op. 76 No. 7.ogg|noicon|]]
|-
|''Concerto in A-mineur, Opus 102''[[Lêer:Johannes Brahms - concerto in a minor, op. 102 'double concerto' - i. allegro.ogg|noicon|]]
|-
|''Sonata in F-mineur, 1ste beweging''[[Lêer:Johannes Brahms - Sonata in F minor, 1st movement.ogg|noicon|Speel]]
|<center><small>Probleme? Sien ''[[Wikipedia:Mediahulp (Ogg)|Mediahulp]]''.</center>
|-
|''Intermezzo Opus 76. Nr. 7''[[Lêer:Brahms Intermezzo Op. 76 No. 7.ogg|noicon|Speel]]
|-
|''Concerto in A-mineur, Opus 102''[[Lêer:Johannes Brahms - concerto in a minor, op. 102 'double concerto' - i. allegro.ogg|noicon|Speel]]
|-
|<center><small>Probleme? Sien ''[[Wikipedia:Mediahulp (Ogg)|Mediahulp]]''.</small></center>
|}
 
Dit is kenmerkend van Brams se komposisies dat hulle tradisioneel dog innoverend is. Sy musiek is geworteld in die strukture en komposisietegnieke van die Barok- en Klassieke meesters. Verder was Brahms self 'n meester van [[kontrapunt]], 'n komplekse metode van komposisie wat die verhouding tussen twee of meer stemme uit 'n ander oogpunt as [[harmonie]] benader. Hy het gepoog om die "reinheid" van die tradisionele komposisiestrukture te eer deur hulle tot 'n Romantiese vorm te ontwikkel en het in die proses nuwe benaderings tot harmonie en melodie geskep. Alhoewel baie van sy tydgenote sy musiek as té akademies beskou het, is sy bydraes en vakmanskap sedertdien deur verskeie komponiste bewonder, soos die progressiewe komponis [[Arnold Schoenberg]] (1874 – 19511874–1951) en die konserwatiewe komponis [[Edward Elgar]] (1857 – 19341857–1934).
 
Benewens sy talle liedjies (waarvan sy ''Wiegelied'' moontlik die bekendste is) het Brahms vier simfonieë, vier concerto's, 'n requiem, klavier- en kamermusiek gekomponeer.
 
== Verwysings ==
{{Verwysings}}
 
== Eksterne skakels ==
{{CommonsKategorie}}
* [http://imslp.org/wiki/Category:Brahms,_Johannes ''Petrucci Music Library''] - 'n Versameling bladmusiek
* [http://www.logoslibrary.org/classical/brahms/index.html ''logoslibrary.org''] - 'n Versameling opnames van sy komposisies
 
{{DEFAULTSORT:Brahms, Johannes}}