Verskil tussen weergawes van "Animasie"

4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
+Skakel vir nuwe artikel
(+Skakel vir nuwe artikel)
Die vyfde kategorie is aspek-tot-aspek. Dit gebeur wanneer verskeie aspekte van 'n saak langs mekaar geplaas word soos 'n kersboom, 'n kers-vader en kers-inkopies.
'n Ander belangrike kenmerk van strokiesprente wat ons kan help om animasie beter te verstaan is die tekeninge self. Die getekende karakters se detail verskil na gelang van die doel van die strokiesprent.
[[Andy Capp]], Flo, Peanuts se [[Charlie Brown]], Linus, Peppermint Patty en Marcy se gesigte en uitdrukkings is eenvoudige lyne terwyl Superman, Daredevil en Spawn meer getekende detail bevat sonder om foto-realisties te wees.
Die rede hiervoor is dat die lesers met die karakters wil identifiseer en hoe minder detail daar is hoe meer mense met die karakters kan identifiseer. Elke mens het 'n vae begrip van hoe ons elke oomblik lyk – tensy jy 'n model is en elke oomblik in die spieël kyk of foto's van jouself teen jou mure het.
Hierdie vae idee van hoe ons lyk kan dan maklik inpas in die strokiesprentheld. Die leser kan dus maklik die hoofkarakter word. Die antagonis in strokiesprente het egter meer detail sodat die leser nie sommer met die bose karakter kan identifiseer nie.