Verskil tussen weergawes van "Perovskiet"

1 greep verwyder ,  3 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Gmelin Handbook of Inorganic and Organometallic Chemistry – 8ste uitgawe, {{Outeur|Erwin Parthé, Louise Gelato, Bernard Chabot, Marinella Penzo, Karin Cenzual, Roman Gladyshevskii}}, Springer Science & Business Media, 2013, ISBN 3-662-10641-8, ISBN 978-3-662-10641-9, bls. 369</ref>
 
Die meeste stowwe met hierdie tipe struktuur, het nogtans meestal 'n effens verwronge kristalrooster wat 'n laer simmetrie het. Dit geld ook vir die mineraal perovskiet self wat 'n ortorombiese struktuur het.
 
Stowwe wat 'n {{chem|A|B|X|3}} stoigiometrie en 'n onverwronge kubiese perovskietstruktuur het is taamlik seldsaam. Voorbeelde is {{chem|Ca|Rb|F|3}} en {{chem|Sr|Ti|O|3}}. Strontiumtitanaat het 'n kubiese sel met 3,905&nbsp;Å en ruimtegroep Pm{{bostreep|3}}m. Die atoomposisies is:
:{{chem|O|2-}} (X) in 3d (½, 0, 0), (0, ½, 0), (0, 0, ½)
 
Die A-ione is meestal taamlik groot en word deur 'n kuboktaëder van 12 anione omring. Die B-ione is kleiner en het 'n sesvoudige, oktaëdriese omringing. <ref>{{webaanhaling|url=https://arxiv.org/ftp/cond-mat/papers/0506/0506606.pdf|titel=''Crystallography and Chemistry of Perovskites''{{Outeur|Mats Johnsson, Peter Lemmens}} Handbook of magnetism and advanced magnetic materials (2007).}}</ref> Hierdie struktuur kan van die [[kubiese digpakking]] van anione afgelei word derudeur 1/4 van die anione deur die A-ioon te vervang en 1/4 van die oktaëderholtes met B-ione te beset. Die {{chem|Re|O|3}}-struktuur kan van die perovskietstruktuur afgelei word deur die A-ione weg te laat.
 
Die Ca-ioon in {{chem|Ca|Ti|O|3}}, die eintlike mineraal perovskiet, is kleiner as die Sr-ioon. Dit is eintlik te klein vir die holte met 12-omringing. Dit lei tot 'n verwronge struktuur met gekantelde {{chem|Ti|O|6}}-oktaëders. By hoër temperature verander die drie kantelhoeke en by 1512(12)&nbsp;K vind 'n eerste orde-oorgang na 'n stuktuur met hoër simmetrie plaas (ruimtegroep I4/mcm), wat net een kantelhoek het wat nie 0&nbsp;° is nie. Hierdie kantelhoek gaan daarna ook geleidelik na 0&nbsp;° en by 1635&nbsp;K word die stof kubies met 'n onverwronge stuktuur. Hierdie tweede oorgang in van die tweede orde.<ref>''Structural phase transition and octahedral tilting in the calcium titanate perovskite CaTiO3'' {{Outeur|Masatomo Yashima, Roushown Ali}} Solid State Ionics 180 (2009) 120-126</ref>
22 781

wysigings