Verskil tussen weergawes van "Nieu-Bethesda"

8 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Skakels
(Skakels)
'''Nieu-Bethesda''' is 'n klein dorp in die Groot-[[Karoo]], [[Suid-Afrika]], sowat 50 km noord van [[Graaff-Reinet]] in die [[Sneeuberge|Sneeuberg]]-gebied. Dit is in [[1878]] gestig deur Charles Murray, predikant van die [[NG gemeente Graaff-Reinet]] met die woorde ''"En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen"'' vanweë die vrugbaarheid van die plek en die aanwesigheid van voldoende water. sy bedoeling was om die gemeente "nou Bethesda te noem" (na aanleiding Johannes 5:2-4), maar dis verkeerdelik genotuleer as "Nieuwe Bethesda" en so het die [[NG gemeente Nieu-Bethesda]] lank bekendgestaan tot dit later reggestel is as "Nu-Bethesda", net om weer in die laaste jare weer Nieu-Bethesda te word.
Nieu-Bethesda was die tuiste van Helen Martins ([[1898]]-[[1976]]). Saam met Koos Malgas (1937-2000) het sy 'n asembenemende hoeveelheid kunswerke nagelaat. Die hele tuin en huis is vol daarvan. Die huis staan beken as die [[Uilhuis]].
 
== Sien ook ==
* [[Lys van dorpe in Suid-Afrika]]
 
== Eksterne skakels ==
* [http://www.routes.co.za/ec/nieubethesda/index.html Kaart wat die ligging van die dorp aandui.]
* [http://www.owlhouse.co.za/nieu.html Meer inligting]