Verskil tussen weergawes van "Theresa May"

8 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k (+ skakel)
k
| geboortemaand = 10
| geboortedag = 1
| geboorteplek = [[Eastbourne]], [[Sussex]], [[Engeland]], [[Verenigde Koninkryk]]
| sterftedatum =
| sterfteplek =
| toekennings =
}}
'''Theresa Mary May''' [təˈriːzə ˈmeəri meɪ], * [[1 Oktober]] [[1956]] as ''Theresa Mary Brasier'' in [[Eastbourne]], [[East Sussex]], [[Engeland]], is 'n [[Verenigde Koninkryk|Britse]] politikus en sedert 2016 leier van die [[Konserwatiewe Party (Verenigde Koninkryk)|Konserwatiewe Party van die Verenigde Koninkryk]]. Vanaf Mei 2010 het May as minister van binnelandse sake in die kabinet van premier [[David Cameron]] gedien. Sedert 13 Julie 2016 beklee May die amp van eerste minister van die Verenigde Koninkryk. Sy is die tweede vroulike premier en leier van die Konserwatiewe Party ná [[Margaret Thatcher]].
 
Na twee vergeefse pogings in 1992 en 1994 om 'n parlementsetel te wen, verteenwoordig May sedert die algemene verkiesing van 1997 die kiesafdeling Maidenhead in die Britse Laerhuis. Tussen 1999 en 2010 het May verskeie poste in die skadukabinette van William Hague, Iain Duncan Smith, Michael Howard en David Cameron beklee, waaronder skadusekretaris van vervoer en skadusekretaris van werk en pensioene. Tussen 2002 en 2003 was sy voorsitter van die Konserwatiewe Party. May beskou haarself as 'n aanhanger van One-nation-konserwatisme, terwyl haar politieke standpunt deur politieke waarnemers as liberaal-konserwatief beskryf is.