Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

4 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
 
Die provinsie het grense met die [[Verenigde State]] in die suide, die provinsie [[Ontario]] in die weste en die provinsie [[Nieu-Brunswyk]] (Frans: ''Nouveau-Brunswick'') in die ooste. Sowat die helfte van die grondgebied bestaan uit mere en riviere – die provinsie besit 16 persent van die wêreld se varswaterreserwes. Die noorde (''Grand-Nord québécois'') is arkties en yl bevolk, terwyl die vlaktes van die [[Sint-Laurensrivier]] (Frans: ''Fleuve Saint-Laurent'') tot die gematigde sone behoort.
[[Lêer:Aurore_bor%C3%A9ale_au_Saguenay%E2%88%92Lac-Saint-Jean.jpg|duimnael|links|[[Aurora (astronomie)|Noorderlig]] oor Saguenay-Lac-Saint-Jean]]
[[Lêer:LG4 Feb2006.JPG|duimnael|links|Land van water, ingenieursvernuf en hoëtegnologie: Grootskaalse hidroëlektriese projekte soos die Complexe de la Baie-James (die foto toon die La Grande 4-aanleg) voorsien Quebec en dele van die VSA van krag]]
Quebec is Kanada se tweede mees bevolkte provinsie na Ontario. Die grootste deel van die bevolking is in stedelike gebiede langs die Sint-Laurensrivier tussen [[Montreal]] as die provinsie se ekonomiese en industriële spilpunt en die administratiewe hoofstad [[Quebecstad]] saamgetrek. Meer as die helfte van die Québécois, soos die bewoners in Frans genoem word, woon in die metropolitaanse gebied van Groter Montreal op en rondom Montrealeiland.
99 545

wysigings