Verskil tussen weergawes van "Moderne Wetenskap (boekreeks)"

geen wysigingsopsomming nie
(Spelfoute)
'''Moderne Wetenskap''' is die titel van 'n reeks van 12 boeke wat in 1962 deur Tafelberg-uitgewers gepubliseer is. Die boeke was [[Afrikaans|Afrikaanse]] [[Vertaling|vertalings]] van die [[Engels|Engelstalige]] reeks ''Science Study Series'' wat onder leiding van die ''Physical Science Study Committee'' (PSSC) aan MIT die lig gesien het. Die PSSC het hom dit ten doel gestel om wetenskapsonderrig in die [[Verenigde State van Amerika|Verenigde State]] te moderniseer en te verbeter, en dit het deel uitgemaak van die opskuddings in Amerikaanse onderrig wat op die onverwagte lansering van [[Spoetnik 1|Sputnik]] deur die [[Sowjetunie]] gevolg het. Die Amerikaanse publiek en regering was erg geskok dat die Russe blykbaar die leiding op wetenskaplike gebied oorgeneem het, en 'n program is van stapel gestuur om laer- en hoërskool wetenskapsonderrig te verbeter. Die PSSC was nou hierby betrokke gewees en die ''Science Study Series'' was 'n reeks boeke, geskrewe deur voorste fisici, wat die publiek en onderwysers op 'n informele manier aan gevorderde wetenskap probeer blootstel het.
 
Die vertaling van die reeks is deur 'n groep akademici aan meestal Afrikaanse universiteite behartig. Die volgende titels is uitgegee:
610

wysigings