Verskil tussen weergawes van "Frederik Willem de Klerk"

geen wysigingsopsomming nie
Ná verloop van 'n lang politieke loopbaan met 'n sterk konserwatiewe reputasie, plaas hy homself in 1989 aan die hoof van die ''verligte'' kamp binne die regerende party.
 
In Februarie 1989 word De Klerk tot hoofleier van die Nasionale Party verkies, en uiteindelik tot Staatspresident op 14 September 1989, toe hy P.W. Botha deur middel van 'n staatsgreep{{feit}} vervang , náa die [[beroerte]] van Botha. De Klerk was van mening dat Botha psigies en fisies nie meer in staat was om die land te regeer nie.
 
In sy eerste toespraak na aanvaarding van die Nasionale Party-leierskorps spreek De Klerk hom uit ten gunste van 'n nierassige Suid-Afrika en onderhandeling omtrent verandering in die politieke toekoms van die land.
Onder sy leiding word die verbod op die [[African National Congress|ANC]] en ander organisasies in Februarie [[1990]] opgehef en word die weg gebaan vir onderhandelinge wat lei tot die einde van [[apartheid]] en blanke minderheidsregering. Op [[10 Februarie]] [[1990]] kondig de Klerk aan dat [[Nelson Mandela]] die volgende dag uit die [[Victor Verster-gevangenis]] vrygelaat sal word. Hiermee is die weg gebaan vir 'n Grondwet vir Suid-Afrika ingevolge waarvan die grondslag van ''een mens, een stem'' aanvaar is.
 
In 1990 het De Klerk opdrag gegee dat die kernwapenprogram waarmee Suid-Afrika besig was, beëindig moes word, wat in [[1991]] plaasgevind het{{feit}}.
 
De Klerk en Mandela word in [[1993]] gesamentlik die [[Nobelprys vir Vrede]] toegeken vir hulle aandeel in die vreedsame beëindiging van apartheid. Mandela was egter nie gelukkig daarmee om die prys met De Klerk te deel nie{{feit}}.
 
In April 1994 word veelrassige verkiesings vir die eerste keer gehou. De Klerk het vooraf 'n grotendeels seremoniële en nie-mededingende presidensiële veldtog geveg{{feit}}, waarna Mandela onbetwisbaar verkies is as [[President van Suid-Afrika]].
 
De Klerk dien vir twee jaar as mede uitvoerende Adjunkpresident in die amptelike opposisie tot Mandela se regering, maar onttrek in Junie [[1996]] van die [[Regering van Nasionale Eenheid]] omdat sy rol (volgens hom) uitgespeel was{{feit}}.
 
Sy aftrede uit aktiewe politiek volg in Augustus 1997, waarna hy hom sou distansieer van staatsbeleid{{feit}}.
 
In [[1999]] publiseer hy sy biografie onder die titel ''Die Laaste Trek – 'n Nuwe begin''.
== Kritiek op die beleid van De Klerk ==
Behalwe positiewe kritiek op die beleid en optrede van de Klerk is daar ook negatiewe kritiek.
* De Klerk word daarvan beskuldig dat hy nie ’n federale staatsvorm gebaseer op taal en etnisiteit vir Suid-Afrika voorgestaan het nie. Dit was immers die bedoeling van sy voorganger [[P.W. Botha]] om Suid-Afrika in ’n [[federasie]] of [[konfederasie]] te omskep op basis van taal en etnisiteit, volgens die Switserse staatsmodel{{feit}}.
* De Klerk word daarvan beskuldig dat hy in 1990 die destydse Suidwes-Afrika, wat deel van Suid-Afrika was, weggeskenk het sonder ’n mandaat van die kiesers. Dit terwyl duisende Suid-Afrikaners met hulle lewens moes betaal in grensoorloë{{feit}}.
* Op 17 Maart [[1992]] is ’n referendum onder die kieserspubliek gehou oor die vraag of die regering moes voortgaan met onderhandelinge met die [[ANC]] al dan nie. Volgens De Klerk sou daar na afloop van die onderhandelinge ’n tweede referendum wees om die toekomstige staatsbestel goed/af te keur. De Klerk word daarvan beskuldig dat hy sy belofte oor ’n tweede referendum nie nagekom het nie en ’n oorgawe aan die ANC beklink het sonder 'n mandaat van die kiesers{{feit}}.
* De Klerk word daarvan beskuldig dat hy [[Walvisbaai]], wat deel was van Suid-Afrika, op 1 Maart 1994 aan [[Namibië]] geskenk het sonder ’n mandaat van die kiesers{{feit}}.
* De Klerk word daarvan beskuldig dat hy binne 5 jaar na sy aanstelling, gedoen het wat geen een van sy voorgangers ooit sou waag nie (politieke- en militêre oorgawe), waarna hy vinnig die politieke toneel verlaat het{{feit}}.
* De Klerk word daarvan beskuldig dat sy 'onderhandelinge' met die ANC niks anders as 'n 'oorgawe' was nie{{feit}}.
* De Klerk word daarvan beskuldig dat hy die eens magtige [[Nasionale Party]] na sy ondergang gelei het, want die kiesers het na die verkiesing van 1994 die party verwerp{{feit}}.
* De Klerk word daarvan beskuldig dat hy die oorsaak daarvan is dat reeds byna ’n miljoen blankes die land permanent verlaat het en dat hy verantwoordelik is vir die politieke chaos en die hoë vlakke van kriminaliteit in die land{{feit}}.
* Die rede vir die agteruitgang van Afrikaans as amptelike taal, bestuurstaal, regstaal en onderwystaal word voor die voete van de Klerk gelê{{feit}}.
* De Klerk word verder daarvan beskuldig dat, terwyl hy sy land se belange by die onderhandelingstafel moes verteenwoordig, sy aandag verdeeld was, en dat hy meer aandag aan 'n ander man se vrou gegee het, as aan sy rol as president van sy land (sien hieronder){{feit}}.
 
== Egskeiding en latere lewe ==
Ook op sy privaat lewe was daar kritiek. Die sensasionele [[vervreemding]] en uiteindelike egskeiding van sy vrou [[Marike de Klerk|Marike]] in Oktober [[1998]], na 'n huwelik van 38 jaar, gevolg deur sy daaropvolgende skielike troue met [[Elita Georgiades]], was vir baie mense 'n skok{{feit}}. Laasgenoemde was die vrou van 'n [[Griekeland|Griekse]] skeepsmagnaat wat na bewering die Nasionale Party finansieel gesteun het{{feit}}. De Klerk het as gas van die magnaat met Elita bevriend geraak tydens funksies en 'n liefdesverhouding het ontstaan.
 
Nog groter was die skok met die bekendmaking op 4 Desember [[2001]] van die moord op Marike de Klerk deur die sekuriteitswag Luyanda Mboniswa op 2 Desember 2001. Hiervoor is Mboniswa op 15 Mei 2003 twee keer lewenslank gevonnis.
In [[2006]] beleef de Klerk se gesondheid 'n terugslag met die verwydering van 'n kwaadaardige gewas in die kolon wat ontdek is tydens 'n mediese ondersoek op [[3 Junie]]. Sy toestand het verder versleg en hy het asemhalingsprobleme ontwikkel as gevolg van infeksie. De Klerk het egter goed herstel en sedertdien talle wêreldreise onderneem en tientalle toesprake gelewer.
 
De Klerk het gereeld kritiek gelewer op die beleid van die huidige Suid-Afrikaanse regering{{feit}}. Hy het dit veral gehad oor regstellende aksie en ook die hoë vlakke van misdaad. Hy was ook in Desember 2008 van mening dat Suid-Afrika militêr moet ingryp teen die bewind van pres. [[Robert Mugabe]] in [[Zimbabwe]], weens menseregte-vergrype en omdat Mugabe nie wil uittree nie.
 
De Klerk tree tans op as voorsitter van die [[F.W. de Klerk-stigting]] vir vrede en is 'n erelid van die "Klub van Rome".
 
== Herinnering ==
De Klerk sal onthou word as die man wat 'n omwenteling teweë gebring het in die Suid-Afrikaanse politieke landskap. De Klerk sal ook onthou word as die man wat aanvanklik konserwatief was en vir wie die beskerming van groepskulture in Suid-Afrika baie belangrik was. Aanvanklik het de Klerk ook met die ANC onderhandel oor die beskerming van hierdie groepskulture, maar hy is deur die ANC die mond gesnoer{{feit}}.
 
In 1990 het niemand verwag dat De Klerk so ver sou gaan in sy 'onderhandeling' met die ANC nie{{feit}}. Hy is daarom ná die verkiesing van 1994 deur die blanke kieserspubliek verwerp{{feit}} en uit die politieke toneel verstoot.
 
{{beginboks}}
623

wysigings