Protestantse Hervorming: Verskil tussen weergawes

k
geen wysigingsopsomming nie
kNo edit summary
kNo edit summary
Die hervormingsbeweging was toe as gevolg van uiteenlopende leerstellings al in verskillende Protestantse kerke verdeeld. Die belangrikste denominasies, wat uit die Hervormingsbeweging voortgespruit het, is Lutherane (veral in [[Duitsland]], [[Skandinawië]] en die Baltiese lande behalwe Litaue) en Gereformeerdes (waaronder ook Calviniste, Zwingliane en Presbiterianers; veral in Duitsland, Switserland, Nederland en [[Skotland]]). Ook die radikaal-reformatoriese Wederdoperbeweging (die sg. Anabaptiste) het sy oorsprong in die tydperk van die Hervorming.
 
In gebiede, wat aan die Rooms-Katolieke geloof vasgehou het, is die beweerde korrupsie en wanpraktyke tydens die sogenaamde Teenreformasie beveg. Sodoende het uiteindelik ook inbinne die geledere van die Rooms-Katolieke Kerk 'n vernuwing plaasgevind.
 
== Uitgangspunte ==