Verskil tussen weergawes van "Airbus"

4 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
In Januarie 1972 word die A300B4, 'n langafstandweergawe van die A300 geloods en in September van dieselfde jaar verskyn die eerste A300B1 voor 'n groot skare uit die monteerlyn in Toulouse in 'n seremonie waarin die [[Concorde|Concorde 02]] ook sy verskyning maak. Op 28 Oktober 1972 het die A300 se nooiensvlug plaasgevind. Dit is gevolg deur die nooiensvlug van die A300B2 in Junie 1973.<ref name=ABtydlyn/>
 
Die eerste produksiemodel, die A300B2 is op 10 Mei 1974 aan Air France afgelewer en op 23 Mei is dit in diens geneem met 'n vlug van [[Parys]] na [[Londen]]. Dit was die wêreld se eerste wyeromp twee-gang kommersiële vliegtuig en die vrystelling daarvan sou moderne lugvaart vir altyd verander. Die A300B en die opvolgers daarvan, die A300-600 en die A310, het 'n stadige begin gehad. In September 1974 het Korean Airlines die eerste nie-Europese lugredery geword om 'n Airbus bestelling te plaas, vir vier A300B4's. In Desember 1974 vlieg die langer-afstand A300B4 vir die eerste keer. Die A300B se reputasie vir ekonomie en betroubaarheid het geleidelik onder lugrederye versprei. Die volgende bestelling was in April 1975 van Indian Airlines vir drie A300B2s in 'n mark wat tevore deur Amerikaanse produkte oorheers is. 'n Belangrike deurbraak was die eerste bestelling uit [[VSA|Amerika]] toe Eastern Airlines, met die voormalige ruimtevaarder [[Frank Borman]] aan die hoof daarvan, vier A300's in Mei 1977 bestel het. Dit is gevolg deur 'n Eastern Airlines bestelling van 23 A300's en nog nege opsies in Maart 1978. Teen 1979 was daar 81 Airbusvliegtuie in gebruik. Die vliegtuig het 'n markleier vir kort- tot mediumafstand passasiersvliegtuie geword en was die beste vragvliegtuigverkoper van alle tye.<ref name=ABtydlyn/>
 
In Julie 1978 het Airbus vir die eerste keer 'n nuwe model geloods, die [[Airbus A310|A310]] met 218 sitplekke. Die A310 was gemik op 'n kleiner langer-afstand alternatief van die A300. Die A310 het 'n nuwe vlerkontwerp gebruik en die revolusionêre "Forward Facing" stuurkajuit waarin [[katodestraalbuis]]vertone en bo en voor die vlieëniers ouer meters vervang het. Die A310 kon ook deur slegs twee vlieëniers gevlieg word; sonder 'n vlugingenieur in die stuurkajuit.<ref name=ABtydlyn/>