Verskil tussen weergawes van "Dier"

135 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
| image = Animal diversity.png
| image_width = 275px
| fossil_range = Cryogenium – [[Holoseen|tans]], {{fossil range|670|0}}
| domain = [[Eukaryote|Eukaryota]]
| regnum = '''Animalia'''
Die diereryk word weer onderverdeel in subkoninkryke: die Eumetazoa (orgaandiere), wat die bekendste diergroepe insluit, en die Parazoa, 'n versameling diere sonder gedifferensieerde [[weefsel]]s, soos [[sponsdier]]e. Sommige wetenskaplikes erken ook ’n derde subryk: die Mesozoa, of middeldiertjies. Die Parazoa-ryk is baie klein en bevat slegs twee [[filum]]s, terwyl daar 34 filums onder die orgaandiere is.
 
DieDiere bestaan reeds van die [[Prekambrium]] (PreЄ) af, maar die meeste bekende dierfilums het tydens die [[Kambrium|Kambriese ontploffing]], sowat 542 miljoen jaar gelede, in die [[fossiel]]rekord verskyn. Diere kan oor die algemeen in [[gewerweldes]] en [[ongewerweldes]] verdeel word. Gewerweldes het ’n ruggraat en maak minder as 5% van alle dierspesies uit. Dit sluit in [[vis]]se, [[amfibie|amfibieë]], [[reptiel]]e, [[voël]]s en [[soogdier]]e. Die res is ongewerweldes; hulle het nie ’n ruggraat nie. Dit sluit in [[weekdier]]e ([[mossel]]s, [[oester]]s, [[seekat]]te, [[pylinkvis]]se, [[slak]]ke); [[geleedpotiges]] ([[Duisendpoot|duisendpote]], [[insek]]te, [[spinnekop]]pe, [[skerpioen]]e, [[krap]]pe, [[Kreef|krewe]], [[Garnaal|garnale]]); [[ringwurm]]s ([[erdwurm]]s, [[bloedsuier]]s), [[rondewurm]]s, [[platwurm]]s, [[neteldier]]e ([[jellievis]]se, [[Seeanemoon|seeanemone]], [[Koraal|korale]]), [[ribkwal]]le en [[sponsdier]]e.
 
Die studie van diere word [[dierkunde]] of soölogie genoem.