Verskil tussen weergawes van "Dier"

6 780 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Uitgebrei, nog besig
k
(Uitgebrei, nog besig)
 
Diere wat naby hidrotermiese of koue bronne op die seebodem voorkom, is nie van die energie van sonlig afhanklik nie.<ref>{{cite journal|title=none|year=1996|journal=New Scientist|publisher=IPC Magazines|volume=152|issue=2050–2055|page=105}}</ref> In plaas daarvan vorm chemosintetiese [[Archaea]] en bakterieë die basis van die [[voedselketting]].<ref>{{cite book |last1=Castro |first1=Peter |last2=Huber |first2=Michael E. |title=Marine Biology |publisher=McGraw-Hill |year=2007 |edition=7th |page=376 |isbn=978-0-07-722124-9}}</ref>
 
==Oorsprong en fossielrekord==
[[Beeld:Dunkleosteus BW.jpg|thumb|''[[Dunkleosteus]]'' was ’n 10&nbsp;m lange [[Voorgeskiedenis|prehistoriese]] [[vis]].<ref>{{cite web|url=http://www.smh.com.au/news/science/jaws-of-steel-on-this-fish-tank/2006/11/29/1164777657728.html|title=Monster fish crushed opposition with strongest bite ever|publisher=smh.com.au}}</ref>]]
 
Daar word algemeen geglo diere het binne die groep [[eukariote]] met [[Sweepdiertjie|sweephare]] (flagella) ontstaan.<ref>{{cite book|last=Campbell|first=Niel A.|title=Biology|year=1990|publisher=Benjamin/Cummings Pub. Co.|isbn=978-0-8053-1800-5|edition=2nd|page=560}}</ref> Hul naaste bekende verwante wat steeds bestaan, is die choanoflagellata (kraagsweepdiertjies) waarvan die morfologie ooreenstem met dié van die koanosiete (kraagselle) van sekere [[spons]]e.<ref>{{cite book|title=Emerging model organisms: a laboratory manual, Volume 1|year=2008|publisher=Cold Spring Harbor Laboratory Press|isbn=978-0-87969-872-0|page=1|edition=illustrated|editor=Richard R. Behringer |editor2=Alexander D. Johnson |editor3=Robert E. Krumlauf |editor4=Michael K. Levine |editor5=Nipam Patel |editor6=Neelima Sinha}}</ref>
 
Molekulêre studies plaas diere in ’n supergroep genaamd [[Opisthokonta]], wat ook die choanoflagellate, swamme en ’n paar klein parasitiese protiste insluit.<ref>{{cite book |title=Strickberger's evolution: the integration of genes, organisms and populations |year=2008 |publisher=Jones & Bartlett Learning |isbn=978-0-7637-0066-9 |last1=Hall |first1=Brian Keith |last2=Hallgrímsson |first2=Benedikt |last3=Strickberger |first3=Monroe W. |page=278}}</ref> Die naam kom van die ligging van die flagellum aan die agterkant van beweeglike selle, soos by die meeste diere se spermselle, terwyl ander eukariote se flagellum gewoonlik aan die voorkant is.<ref>{{cite book |last=Hamilton |first=Gina |title=Kingdoms of Life – Animals (ENHANCED eBook) |publisher=Lorenz Educational Press |isbn=978-1-4291-1610-7 |page=9}}</ref>
 
Die eerste [[fossiel]]e wat dalk dié van diere is, is uit die [[Proterosoïkum|Proterosoïese Eon]] en het voorgekom in 665&nbsp;miljoen jaar oue rotse<ref name=roseMaloof/> in die Trezona-formasie van Suid-[[Australië]].<ref name=roseMaloof>{{cite journal|title= Possible animal-body fossils in pre-Marinoan limestones from South Australia |journal= Nature Geoscience | volume= 3 | pages= 653–659 |date= 17 Augustus 2010 |url= http://www.nature.com/ngeo/journal/v3/n9/full/ngeo934.html |doi=10.1038/ngeo934 | issue= 9|bibcode = 2010NatGe...3..653M|last1= Maloof|first1= Adam C.|last2= Rose|first2= Catherine V.|last3= Beach|first3= Robert|last4= Samuels|first4= Bradley M.|last5= Calmet|first5= Claire C.|last6= Erwin|first6= Douglas H.|last7= Poirier|first7= Gerald R.|last8= Yao|first8= Nan|last9= Simons|first9= Frederik J. }} [http://www.princeton.edu/geosciences/people/maloof/papers_pub/24Maloof.pdf Pdf]</ref> Daar word geglo die fossiele was van vroeë sponsdiere.
 
Die volgende moontlike dierfossiele was uit die einde van die [[Prekambrium]], sowat 610&nbsp;miljoen jaar gelede, en is bekend as die [[Ediacarium|Ediacariese]] biota.<ref>{{cite book |title=The annotated Origin: a facsimile of the first edition of On the origin of species |year=2009 |publisher=Harvard University Press |isbn=978-0-674-03281-1 |last1=Costa |first1=James T. |last2=Darwin |first2=Charles |page=308}}</ref> Dit is egter moeilik om ’n verband te vind met latere fossiele. Sommige was dalk voorlopers van moderne filums, hulle kon aparte groepe gewees het of was dalk glad nie diere nie.<ref>{{cite book |last=Schopf |first=J. William |title=Evolution!: facts and fallacies |year=1999 |publisher=Academic Press |isbn=978-0-12-628860-5 |page=7}}</ref>
 
Die meeste bekende filums maak hul verskyning min of meer op dieselfde tyd in die [[Kambrium]]-periode, sowat 542&nbsp;miljoen jaar gelede.<ref>{{cite book |last1=Milsom |first1=Clare |last2=Rigby |first2=Sue |title=Fossils at a Glance |year=2009 |publisher=John Wiley and Sons |isbn=978-1-4051-9336-8}}</ref> Dit is steeds onbekend of dié gebeurtenis, bekend as die Kambriese ontploffing, veroorsaak is deur ’n vinnige differensiasie tussen verskillende groepe en of dit was vanweë ’n verandering in toestande wat fossilering moontlik gemaak het.
 
Sommige palaeontoloë dink diere het lank voor die Kambriese ontploffing ontstaan, dalk so vroeg as ’n miljard jaar gelede.<ref>{{cite book |last1=Campbell |first1=Neil A. |last2=Reece |first2=Jane B. |title=Biology |year=2005 |publisher=Pearson, Benjamin Cummings |isbn=978-0-8053-7171-0 |edition=7de |page=526}}</ref> Spoorfossiele soos voetspore en gate uit die [[Tonium]]-periode wat ontdek is, dui op die moontlike teenwoordigheid van tripoblastiese wurms (met drie kiemlae), omtrent so groot (sowat 5&nbsp;mm breed) en kompleks soos erdwurms.<ref name=Seilacher1998>{{cite journal |last1=Seilacher |first1=Adolf |last2=Bose |first2=Pradip K. |last3=Pfluger |first3=Friedrich |title=Triploblastic animals more than 1 billion years ago: trace fossil evidence from india |journal=Science |volume=282 |pages=80–83 |date=2 October 1998 |doi=10.1126/science.282.5386.80 |pmid=9756480 |issue=5386 |bibcode=1998Sci...282...80S}}</ref>
 
Aan die begin van die Tonium sowat ’n miljard jaar gelede was daar ’n afname in die verskeidenheid van [[stromatoliet]]e, wat dalk daarop dui dat weidiere hul verskyning gemaak het aangesien stromatoliet-verskeidenheid toegeneem het nadat weidiere uitgesterf het met die [[Perm-Trias-uitwissing|Perm-Trias-]] en die [[Ordovisium-Siluur-uitwissing]]. Dit het weer afgeneem kort nadat die weidierbevolking herstel het. Die ontdekking dat soortgelyke spore vandag geskep word deur die reusagtige, eensellige protis ''Gromia sphaerica'', werp egter ’n skadu oor die vertolking van die fossiele as bewyse van ’n vroeë evolusie van diere.<ref name=Matz2008>{{cite journal |last1=Matz |first1=Mikhail V. | last2=Frank |first2=Tamara M. |last3=Marshall |first3=N. Justin |last4=Widder |first4=Edith A. |last5=Johnsen |first5=Sönke |title=Giant Deep-Sea Protist Produces Bilaterian-like Traces |journal=Current Biology |volume=18 |issue=23 |pages=1–6 |date=9 December 2008| url=http://www.biology.duke.edu/johnsenlab/pdfs/pubs/sea%20grapes%202008.pdf |doi=10.1016/j.cub.2008.10.028 |accessdate=2008-12-05 |pmid=19026540 |archiveurl=https://web.archive.org/web/20081216211211/http://www.biology.duke.edu/johnsenlab/pdfs/pubs/sea%20grapes%202008.pdf |archivedate=16 Desember 2008 |deadurl=no}}</ref><ref name=MSNBC200811>{{cite news |last=Reilly |first=Michael |title=Single-celled giant upends early evolution |publisher=MSNBC |date=20 November 2008 |url=http://www.nbcnews.com/id/27827279/ |accessdate=2008-12-05}}</ref>
 
==Getal bestaande spesies==