Verskil tussen weergawes van "Dier"

414 grepe verwyder ,  3 jaar gelede
Waar kom mense aan die nonsens wat hulle skryf?
(Waar kom mense aan die nonsens wat hulle skryf?)
 
'''Diere''' behoort tot '''Animalia''', een van vyf (of soms ses) [[Koninkryk (biologie)|biologiese koninkryke]]. Dit word ook '''Metazoa''' genoem. Diere is oor die algemeen veelsellige, [[eukarioot|eukariotiese]] organismes wat ander organismes eet vir voeding. Die meeste diere kan in die een of ander stadium van hul lewe onafhanklik en spontaan beweeg.
 
Die diereryk word weer onderverdeel in subkoninkryke: die Eumetazoa (orgaandiere), wat die bekendste diergroepe insluit, en die Parazoa, 'n versameling diere sonder gedifferensieerde [[weefsel]]s, soos [[sponsdier]]e. Sommige wetenskaplikes erken ook ’n derde subryk: die Mesozoa, of middeldiertjies. Die Parazoa-ryk is baie klein en bevat slegs twee [[filum]]s, terwyl daar 34 filums onder die orgaandiere is.
 
Diere bestaan reeds van die [[Prekambrium]] (PreЄ) af, maar die meeste bekende dierfilums het tydens die [[Kambrium|Kambriese ontploffing]], sowat 542 miljoen jaar gelede, in die [[fossiel]]rekord verskyn. Diere kan oor die algemeen in [[gewerweldes]] en [[ongewerweldes]] verdeel word. Gewerweldes het ’n ruggraat en maak minder as 5% van alle dierspesies uit. Dit sluit in [[vis]]se, [[amfibie|amfibieë]], [[reptiel]]e, [[voël]]s en [[soogdier]]e. Die res is ongewerweldes; hulle het nie ’n ruggraat nie. Dit sluit in [[weekdier]]e ([[mossel]]s, [[oester]]s, [[seekat]]te, [[pylinkvis]]se, [[slak]]ke); [[geleedpotiges]] ([[insek]]te, [[spinnekop]]pe, [[skerpioen]]e, [[krap]]pe, [[Kreef|krewe]], [[Garnaal|garnale]]); [[ringwurm]]s ([[erdwurm]]s, [[bloedsuier]]s), [[rondewurm]]s, [[platwurm]]s, [[neteldier]]e ([[jellievis]]se, [[Seeanemoon|seeanemone]], [[Koraal|korale]]), [[ribkwal]]le en [[sponsdier]]e.