Verskil tussen weergawes van "Fokeng"

33 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
Spelling, skakels & Kategorieë
(Spelling, skakels & Kategorieë)
Die '''Fokeng''' ([[Suid-Sotho]]: ''Bafokeng''<ref>Muller (1968) gee ook "Bafokêng" as skryfwyse aan.</ref>) is 'n ou etniese stam van [[suidelike Suider-Afrika]] wat oorspronklik oos van die [[Maricorivier]] gewoon het in wat later die [[Zuid-Afrikaansche Republiek]] sou word. Tydens die bewind van Diale het die Fokeng hulle teen onderdrukking deur die [[Hurutshe]] verset. Later is talle oorloë met naburige stamme gevoer, veral met die Kgatla.<ref name="muller-1968" /> Die Fokeng het 'n belangrike rol gespeel in die vorming van die [[Suid-SothoBasotho]]-nasie.<ref name="muller-1968" >{{cite book |last=Muller |first=C.F.J. |authorlink= |coauthors= |title=Vyfhonderd Jaar Suid-Afrikaanse Geskiedenis |year=1968 |publisher=Academica |location=[[Pretoria]] en [[Kaapstad]] |isbn= }}</ref>
 
== Oorsprong ==
Aangesien die Fokeng nie hul geskiedenis neergeskryf het nie, is min bekend oor hul herkoms buiten wat afgelei kan word uit [[argeologie]]se vondse en oorgelewerde mites.<ref name="walton-1953">Walton, J. (1953). [https://www.jstor.org/stable/3886485 An Early Fokeng-Hlakoana Settlement at Metlaeeng, Basutoland]. The South African Archaeological Bulletin, 8(29), 3-11. doi:10.2307/3886485</ref>
 
Volgens oorlewering het die drie groot [[BantoeBantoevolke|Bantoestamme]]-stamme, die Rolong, Fokeng, en Hurutshe saam gelewe tot en met die [[dertiende13de eeu|dertiende13de]] of [[veertiende14de eeu]] toe hulle paaie geskei het. Die Fokeng en Hurutshe het as bure voortgeleef in [[Betsjoeanaland]], totdat hulle eventueel stry gekry het en hul paaie geskei het.<ref name="walton-1953" />
 
Die Fokeng het uit Betsjoeanaland ooswaarts getrek en hulle tussen die hedendaagse [[Frankfort]] en [[Vrede]] gevestig. Uitgesonderde groepe het egter suidwaards getrek en is in Khatla, Kuena, en Phuthi-stamme opgeneem.<ref name="walton-1953" />
 
Teen die begin van die [[agttiende18de eeu]] het dele van die Fokeng hulle in Basotholand gevestig.<ref name="walton-1953" />
 
== Verwysings ==
{{verwysings}}
 
== Sien ook ==
* [[Royal Bafokeng-nasie]]
 
== Verwysings ==
[[Kategorie:Etniese stamme van suidelike Afrika]]
{{Verwysings}}
 
[[Kategorie:Etniese stammegroepe van suidelikein Suid-Afrika]]
[[Kategorie:Inheemse volke van Suider-Afrika]]