Verskil tussen weergawes van "A.A.J. de Klerk Coetsee"

[[Lêer:Ds Louis Vorster.jpg|duimnael|regs|160px|Ds. [[Louis Vorster]] was Philipstown se Gereformeerde predikant van 1884 tot 1893. Hy was getroud met 'n dogter van ds. Coetsee, [[Abrahama Coetzee|Abrahama]].]]
 
Op [[2 Junie]] [[1872]] is ds. Coetsee bevestig op Reddersburg bevestig. Sy arbeidsterrein was ook nog wyd en uitgestrek. Hoewel verskeie gemeentes in sy bedieningsjare afgestig het, het hy nog as konsulent van die meeste gemeentes in die Vrystaat opgetree. In sy dienstyd is van Reddersburg afgestig: in November 1872 [[Gereformeerde kerk Ladybrand|Ladybrand]], in 1891 [[Gereformeerde kerk Petrusburg|Petrusburg]], in 1897 [[Gereformeerde kerk Tweespruit|Thaba 'Nchu]] en [[Gereformeerde kerk Wepener|Wepener]], en [[Gereformeerde kerk Bloemfontein|Bloemfontein]] in 1903. Dit was die laaste afstigting; in totaal het dus nege gemeentes van Reddersburg afgestig.
 
Behalwe die gewone kerklike werk wat verrig is, is in die 1880's ’n nuwe [[pastorie]] gebou wat diens gedoen het tot in 1955. Verder is heelwat veranderings aan die kerk aangebring. ’n Nuwe preekstoel is in die kerk geplaas, die kerkgebou is van gewels voorsien, 'n plankvloer is ingesit, asook 'n galery. En dit is alles gedoen terwyl die gemeente finansieel maar noustrop getrek het. Ds. Coetsee het daarin swaargekry omdat hy baie jare self van sy traktement laat val het omdat die gemeente dit nie kon bybring nie. Tog was die gemeente altyd bereid om hulp te verleen aan ander gemeentes wat kom aanklop het. Soos alle kerke in die Vrystaat het die gemeente ook twee plase van die regering ontvang, wat egter weer verkoop is om die finansiële laste van die gemeente te verlig.
84 987

wysigings