Verskil tussen weergawes van "Wikipedia:Geselshoekie"

Die Afrikaanse Wikipedia het 'n behoefte daaraan om uitsluitsel te kry oor die gebruik van die Sj-/Ch-spelwyse vir [[Sjina]] sodat ons één spelwyse konsekwent oor die hele ensiklopedie kan gebruik.
 
Die onsekerheid oor welke vorm vanpas is vir hierdie projek stam m.i. af van breër onsekerheid wat in die gemeenskap heers m.b.t. hoe hoog die opinie van die [[Taalkommissie]] in Wikipedia se sake geag word.
 
M.i. moet die Afrikaanse Wikipedia totaal onafhanklik van eksterne invloed bestaan en moet die gemeenskap wat hier betrokke is 'n besluit neem, ingelig deur die Taalkommissie se perspektief asook deur praktiese en ideologiese[[ideologie]]se beginsels.
 
Ons moet veral waak teen politieke[[politiek]]e inmenging in ons tradisionele instellings wat misbruik kan word om invloed oor die Afrikaanse Wikipedia te probeer uitoefen. [[Gebruiker:Christiaan Human|Christiaan Human]] ([[Gebruikerbespreking:Christiaan Human|kontak]]) 19:31, 2 Junie 2017 (UTC)
2 729

wysigings