Capitol: Verskil tussen weergawes

585 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
Die '''Capitol''' is die gebou in die [[Amerikaanse]] hoofstad [[Washington, D.C.|Washington D.C.]] waar die Amerikaanse Kongres vergader. Dit is ook as die Kongresgebou bekend en is die setel van die land se wetgewende mag.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
 
Die Amerikaanse Kongres, wat hier byeenkom, bestaan uit die Amerikaanse Senaat (verteenwoordiging van twee senatore per staat) sowel as die Amerikaanse Huis van Afgevaardigdes (proporsionele verteenwoordiging na grootte van die staat). Die Capitol is deur die ''National Mall'' van die [[Withuis]] geskei, om simboliesesimbolies die skeiding met die uitvoerende mag (die [[president]]) aan te dui.
 
Die Capitol is 'n verwysing na die staatsmag van klassieke [[Rome]], waar die Capitol die belangrikste van die sewe heuwels was, waarop die tempel van [[Juno (mitologie)|Juno]] gestaan het en daar oor die Romeinse munt gewaak het.
 
Bouwerk aan die Capitol het op 18 September 1793 begin. [[George Washington]] (geklee as 'n [[vrymesselaar]]) het die hoeksteen tydens 'n seremonie gelê. Die gebou is deur sterk deur Romeinse argitektuur en simboliek beïnvloed. Slawe is vir die aanvanklike bouwerk ingespan. Die Senaatsgedeelte is in 1800 afgelewer, terwyl die gedeelte vir die Huis van Afgevaardigdes eers in 1811 gereed was. Die gebou is egter in 1812 deur die Britte verwoes. Herstelwerk begin in 1815 en duur 15 jaar. Die herbou is deur die argitek Benjamin Latrobe gelei. In 1850 is die gebou verder uitgebrei.
 
== Verwysings ==