The Catcher in the Rye: Verskil tussen weergawes

geen wysigingsopsomming nie
No edit summary
No edit summary
 
== Storie ==
Holden Caulfield is 'n sestienjarige, depressiewe jong man van New York wat nie met homself oor die weg kan kom nie. Hy word uit 'n eksklusiewe voorbereidende skool in [[Pennsilvanië]] geskors omdat sy punte nie goed genoeg is nie. Ná 'n rusie met sy kamermaat besluit Holden om die nag vroegtydig te vertrek en weg te loop. Hy kan egter nog nie huis toe gaan nie, omdat die skool nog nie sy ouers ingelig ishet dat hy uitgeskop is nie. So swerf hy verskeie dae doelloos in New York rond.
 
In die boek vertel Holden wat in hierdie dae met hom gebeur, waaraan hy dink en hoe hy daaroor voel. Dit word 'n soektog na homself, 'n tuiste en maniere om weer geluk te vind. Daar is herhaaldelike insinuasies oor (die bedreiging van) seksuele misbruik, onder andere in hoofstuk 24. Sy neerslagtigheid lei uiteindelik tot 'n soort senuwee-ineenstorting.