Verskil tussen weergawes van "Gondwana"

28 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
Alhoewel Gondwana se middelpunt in die laat [[Paleosoïkum]] rofweg ooreengestem het met waar Antarktika vandag geleë is (by die uiterste suide van die aardbol), was die klimaat oor die algemeen matig. [[Indië]] bevat omtrent 3% van die wêreld se [[steenkool]]neerslae en meeste van die steenkool wat ontgin word is afkomstig uit die laat [[Paleosoïkum]] Gondwana afsettingsopeenvolging<!--sedimentary sequence-->. Gedurende die [[Mesosoïkum]] was gemiddelde wêreldtemperatuur heelwat hoër as vandag. Gondwana het toe vir miljoene jare gasheer gespeel vir 'n reuse verskeidenheid flora en fauna.
 
Die superkontinent het in die laat [[Jura]]<!--Jurassic--> (omtrent 160 miljoen jaar gelede) begin opbreek toe [[Afrika]] weggebreek het en stadig noordwaarts begin dryf het. Die volgende groot blok wat sou wegbreek is Indië, in die vroeë [[Kryt (geologie)|Kryttydperk]] (omtrent 125 miljoen jaar gelede). Nieu-Seeland het omtrent 80 miljoen jaar gelede gevolg, slegs omtrent 15 miljoen jaar voor die [[Kryt-Tersiêre uitsterwing<!--Cretaceous-Tertiary extinction event-Paleogeen->uitwissing]] toe omtrent 50% van alle spesies op die planeet uitgewis is waaronder die bekendste die uitsterf van die [[dinosourus]]se is.
 
Met die begin van die [[Kainosoïkum|era van die soogdiere]] het die kontinent [[Australië-Nieu-Guinee]] geleidelik begin afskei en noord begin beweeg (55 miljoen jaar gelede). Dit het om sy as begin draai en sodoende vir lank 'n verbintenis met die res van Gondwana bewaar.
22 778

wysigings