Verskil tussen weergawes van "Chris Chameleon"

geen wysigingsopsomming nie
}}
 
'''Chris Chameleon''' (1971—1971-) is 'n [[Suid-Afrika]]anse sanger, akteur en liedjieskrywer. Hy is op 28 Julie 1971, as Chris Mulder in [[Johannesburg]] gebore. Hy het in [[1989]] begin optree toe hy die eerste Dalro- Nasionale Akteurskompetisie gewen het. In die volgende vyf jaar het hy in meer as 20 televisiereekse gespeel. Hy was ook die hoofsanger van 'n musiekgroep met die naam Blue Chameleon, waarna hy [[Nederland]] toe is om daar vir 'n teatermaatskappy te werk.
 
In [[1996]] het hy na [[Suid-Afrika]] teruggekeer en twee jaar lank agter die skerms as assistentregisseur gewerk. Aan die einde van [[1997]] het hy weer op die verhoog verskyn, as die voorman van die monki-punk-groep [[Boo!]]. Die groep het baie gewild geword, sowel in Suid-Afrika as in [[Europa]]. Ná 800 vertonings in sewe jaar in sewentien lande het hulle egter ontbind.
In 2010 ontvang hy 'n [[SAMA]]-toekenning in die kategorie ''beste kontemporêre album (Afrikaans)'' vir ''Kyk Hoe Lyk Ons Nou''.<ref>[http://www.nuus24.com/Vermaak/Nuus/Afrikaanse-kunstenaars-tops-by-Samas-20100417 Afrikaanse kunstenaars tops by Samas], Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.</ref>
 
Sedertdien het verskeie CD’s en DVD’s van hom verskyn, waaronder ''Droomland'' (2013), wat hy saam met die [[DrankensbergDrakensberg-seunskoor]] opgeneem het.<ref name="HAT Taal-en-feitegids">HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8</ref>
 
== Diskografie ==