Auckland: Verskil tussen weergawes

189 grepe bygevoeg ,  5 jaar gelede
k
kNo edit summary
== Geskiedenis ==
=== Vroeë geskiedenis en stadstigting ===
Die [[landengte]] tussen die Tasmansee en die Suidelike Stille Oseaan, wat deur die Māori Tāmaki genoem is, was tot in die 18de eeu 'n omstrede gebied, veral vanweë sy vrugbare vulkaniese landbougrond en sy strategiese ligging by die kruispunt van belangrike handelsroetes wat Northland, Waikato, Coromandel en die Bay of Plenty met mekaar verbind het. Baie van die eerste Māori-setlaars in Nieu-Seeland het hier aangedoen, en sommige stamme (iwi) het hulle hier van die vroegste tye af kom vestig.<ref>Rāwiri Taonui, 'Tāmaki tribes - Tribal history and places', Te Ara - the Encyclopedia of New Zealand, http://www.TeAra.govt.nz/en/tamaki-tribes/page-1 (besoek op 20 Junie 2017)</ref> Vanaf die 18de eeu is die gebied deur Māori-hoof Kiwi Tāmaki en sy stam beheer.
 
Die Britse goewerneur Hobson het die nuutgestigte Europese nedersetting op die landengte na sy vroeëre kommandant Lord Auckland (1784–1849), die goewerneur-generaal van Oos-Indië, vernoem. Ná die ondertekening van die Verdrag van Waitangi in 1840 het Hobson besluit om die koloniale Britse regeringsetel na Auckland te verskuif, en vanaf 1842 het groter groepe Skotse immigrante hulle hier gevestig.