Verskil tussen weergawes van "Nederlandse monargie"

Geen grootteverandering nie ,  3 jaar gelede
 
</timeline>
 
Toe [[Wilhelmina van Nederland|Wilhelmina]] (regeer 1890–1948) op tienjarige ouderdom koningin word, het haar ma, [[Emma van Waldeck en Pyrmont|koningin Emma]], tweede vrou van wyle [[Willem III van Nederland|Willem III]], as regent waargeneem totdat Wilhelmina agtien word. [[Luxemburg, land|Luxemburg]] was onder die [[Saliese Wetwet]] nie bereid om ’n dame as heerser te aanvaar nie. Hule het [[Adolf, Groothertog van Luxemburg|Adolf]], die voormalige Hertog van Nassau, gekies as Groothertog van Luxemburg en so die vereniging tussen Nederland en Luxemburg beëindig. Wilhelmina se bewind is oorheers deur die twee wêreldoorloë. Sy en haar man, [[Hendrik van Nederland|Heinrich von Mecklenburg-Schwerin]], het een dogter, [[Juliana van Nederland|Juliana]], gehad wat in 1948 koningin geword het. Wilhelmina is in 1962 oorlede.
 
[[Juliana van Nederland|Juliana]] (regeer 1948–1980) het ’n meer moederlike karakter gehad. Sy het getrou met prins [[Prins Bernhard van Nederland|Bernard von Lippe-Biesterfeld]] en hulle het vier dogters gehad: [[Beatrix van Nederland|Beatrix]], [[Prinses Irene van Nederland|Irene]], [[Prinses Margriet van Nederland|Margriet]] en [[Prinses Christina van Nederland|Christina]]. Sy is op 20 Maart 2004 oorlede en haar man op 1 Desember 2004.