Verskil tussen weergawes van "N1 (Suid-Afrika)"

Die gevaarlikste trajek van die N1 in die Wes-Kaap is die roete tussen [[Laingsburg]] en [[Prins Albertweg]], met 'n ongeluksyfer van 10.17 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis.<ref name="swanevelder" /> Die tweede en derde gevaarlikse trajekte is onderskeidelik die roetes tussen [[Beaufort-Wes]] en [[Drie Susters]], met 7.27 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis, en tussen die Hugenotetonnel en [[Worcester]], met 6.67 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis.<ref name="swanevelder" /> Die veiligste trajek is die roete tussen die Koeberg-wisselaar en die hugenotetonnel met 'n ongeluksyfer van 2 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis.<ref name="swanevelder" /> Hierdie statistieke kan vergelyk word met 'n nasionale gemiddelde ongeluksyfer van 11.7 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis in [[Suid-Afrika]] en 1.3 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis in die [[VSA]].<ref name="swanevelder" />
 
Die maand met die hoogste ongeluksyfer is [[Desember]], wanneer vakansiegangers van die binneland via die N1 na Kaapse kusdorpe stroom.<ref name="swanevelder" />
 
== Noord-Kaap ==
Anonieme gebruiker