Verskil tussen weergawes van "Boheme"

253 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
[[Lêer:Charles_bridge_Prague_-_tunliweb.no.jpg|duimnael|links|Die Praagse Karelbrug oor die Vltava-rivier (Duits: ''Moldau'') is onder Karel IV begin]]
 
'''Boheme''' ([[Tsjeggies]]: ''Čechy'', [[Duits]]: ''Böhmen'', [[Nederlands]]: ''Bohemen'', [[Latyn]]s: ''Bohemia'') was 'n land in Sentraal-Europa en is tans, naas [[Morawië]] (Tsjeggies: ''Morava'') en Tsjeggies-Silesië, een van die drie historiese landsdele van [[Tsjeggië]]. Sy bewoners word Bohemers genoem. Die historiese hoofstad is [[Praag]] (''Praha'').
 
Boheme is in die weste van Tsjeggië geleë en word in die suide begrens deur [[Oostenryk]], in die weste deur [[Beiere]], in die noorde deur [[Sakse]] en die [[Lausitz]], in die noordooste deur [[Silesië]], en in die ooste deur Morawië.
 
Boheme was in sy lang geskiedenis 'n koninkryk in die [[Heilige Romeinse Ryk]] en vervolgens, vanaf die 19de eeu, 'n provinsie in die [[Huis van Habsburg|Habsburg]]se dubbelmonargie [[Oostenryk-Hongarye]]. Tussen 1918 en 1939 en tussen 1945 tot 1992 het Boheme deel uitgemaak van [[Tsjeggoslowakye]]. Ná dié land se opsplitsing in twee onafhanklike republieke, [[Tsjeggië]] en [[Slowakye]], vorm Boheme die groter deel van die Tsjeggiese Republiek - sowat twee derdes van die totale oppervlakte.<ref>[https://www.britannica.com/place/Bohemia ''Encyclopædia Britannica: Bohemia. Besoek op 25 Junie 2017'']</ref> Sy ryk en veelsydige kultuur is onder meer gevorm deur die wisselwerking van Tsjeggiese, Oostenryks-Duitse en Joodse invloede.
 
== Geskiedenis ==