Verskil tussen weergawes van "N1 (Suid-Afrika)"

26 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
(taalversorging; sny oortollige sinsnede weg)
Spitsverkeer op die N1 tussen die Koeberg-wisselaar en die Hugenotetonnel vind op weeksdae in die oggende en in die middae plaas. Die res van die N1 in die Wes-Kaap ondervind eerder oor bepaalde naweke of tydens sommige tydperke gedurende vakansieperiodes swaar verkeer, maar dra andersins matige verkeersvolumes.<ref name="swanevelder">{{cite journal|last=Swanevelder|first=Sonja Alet|year=2000|title='n Ontleding van voertuigongelukke op die N1-roete in Suid-Afrika|accessdate=2 Julie 2017|language=Afrikaans|doi=10019.1/51855}}</ref>
 
=== Verkeersongelukke ===
Die gevaarlikste trajek van die N1 in die Wes-Kaap is die roete tussen [[Laingsburg]] en [[Prins Albertweg]], met 'n ongeluksyfer van 10,17 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis. Die tweede en derde gevaarlikse trajekte is onderskeidelik die roetes tussen [[Beaufort-Wes]] en [[Drie Susters]], met 7,27 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis, en tussen die Hugenotetonnel en [[Worcester]], met 6,67 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis.<ref name="swanevelder" /> Die veiligste trajek is die roete tussen die Koeberg-wisselaar en die Hugenotetonnel met 'n ongeluksyfer van 2 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis.<ref name="swanevelder" /> Hierdie statistieke kan vergelyk word met 'n nasionale gemiddelde ongeluksyfer van 11,7 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis in [[Suid-Afrika]] en 1,3 ongelukke per 100 miljoen kilometer gereis in die [[VSA]].<ref name="swanevelder" />
 
Anonieme gebruiker