Verskil tussen weergawes van "Karlovy Vary"

238 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
geen wysigingsopsomming nie
k
k
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
'''Karlovy Vary''', [[Duits]]: '''Karlsbad''', geleë in die weste van [[Tsjeggië]], is een van die bekendste en mees tradisieryke hersteloorde ter wêreld. Saam met twee ander hersteloorde - Františkovy Lázně (''Franzensbad'') en Mariënbad (Tsjeggies: ''Mariánské Lázně'', Duits: ''Marienbad'') - vorm Karlovy Vary die hartland van die sogenaamde Wes-Boheemse Driehoek van Warmbaddens. Die stad met 'n bevolking van meer as 49 000 is by die Teplárivier se monding in die Ohře (Duits: ''Eger'') geleë.
 
Die huidige stad se oorspronge strek terug tot in die 14de eeu. Volgens historiese oorlewerings het Karel IV, koning van [[Boheme]] en keiser van die [[Heilige Romeinse Ryk]], tydens 'n [[jag]] op die warmbronne afgekom en hier 'n nedersetting laat vestig. Die warmbaddens was reeds in die 16de eeu uiters gewild by welvarende adellike families. As gevolg van brandrampe en oorstromings het min geboue uit dié tydperk bewaar gebly. So dateer die meeste van Karlsbad se argitektoniese besienswaardighede uit die stad se bloeitydperk in die 18de en 19de eeu.<ref>{{de}} [https://www.karlovyvary.cz/de/praktische-informationen ''www.karlovyvary.cz - Praktiese inligting. Besoek op 5 Julie 2017'']</ref>