Verskil tussen weergawes van "Gereformeerde kerk Carolina"

Geen grootteverandering nie ,  3 jaar gelede
 
== Stigting as Kerk onder die Kruis ==
In die jare ná die [[Tweede vryheidsoorlogVryheidsoorlog]] (1899–1902) het talle families in die distrik [[Carolina]], onder andere Vermaak, Van Wyk, Van Vuuren, Joubert, Davel en Du Plooy, besware gehad teen hul kerk, die NH of G Kerk, se leer, tug en diens. Sommige het hul gemeenskap met die Verenigde Kerk opgesê nadat hul pogings tot versoening misluk het. Nadat hulle ’n tyd lank tot geen kerk behoort het nie, het die beswaardes bymekaargekom en besluit om ds. [[Stephanus Jacobus du Toit|S.J. du Toit]] te vra om die Woord en Sakrament aan hulle te bedien aangesien hy toe juis in [[Transvaal]] was.
 
Op [[16 Januarie]] [[1907]] het al die beswaardes op die plaas Witbank van nog ’n beswaarde, G.J.R. Nel sr., byeengekom. Onder ds. Du Toit se voorsitterskap het die vergadering drie moontlike oplossings oorweeg:
84 885

wysigings