Verskil tussen weergawes van "Boheme"

111 grepe bygevoeg ,  3 jaar gelede
k
k (+ skakel)
Etiket: 2017-bronwysiging
=== Bewind van die Huis van Habsburg ===
[[Lêer:263_-_Bila_Hora_2014_(17071973603).jpg|duimnael|'n Vertoning van die historiese veldslag van die Wit Berg (''Bílá Hora'') waaraan in 2014 honderde akteurs en aktrises deelgeneem het]]
[[Lêer:Sprachenkarte Böhmen.png|duimnael|'n Historiese kaart van 1864 wys Duitssprekende gebiede in Boheme]]
In 1526 het die Jagiellone in hul manlike linie uitgesterf. Die Habsburgse aartshertog van Oostenryk, Ferdinand I, broer van die magtige keiser Karel V, het vervolgens aanspraak gemaak op die Boheemse troon. Uiteindelik het Boheme onder Habsburgse bewind gekom, en Ferdinand het, ondanks die feit dat hy Rooms-Katoliek was, aanvanklik 'n gematigde standpunt ten opsigte van godsdienstige sake ingeneem. Maar kort voor lank is hy - net soos sy opvolgers - genoodsaak om sy Protestantse opponente openlik te konfronteer. Teen die middel van die 16de eeu het die Jesuïete-orde die opdrag gekry om die Teenreformasie in Boheme deur te voer. Naas godsdienstige dispute het die beperking van politieke regte en hoë belastingtariewe, wat uit die Habsburgse oorlogvoering teen die Turke voortgespruit het, tot groot ontevredenheid gelei.