Maak hoofkeuseskerm oop

Wysigings

37 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
Die metropolitaanse gebied van Keulen is met sowat 2,5 miljoen inwoners die derde grootste nywerheidsentrum van Duitsland. In die laaste jare handhaaf ook die dienstesektor 'n stewige en bestendige groeikoers.
 
Die motorbedryf bly die belangrikste nywerheid, en reeds in 1930 kies die Amerikaanse motorpionier [[Henry Ford]] Keulen met sy uitstekende infrastruktuur en vervoergeriewe as die mees geskikte stad vir die oprigting van 'n [[Duitsland|Duitse]] [[Ford Motormaatskappy|Ford]]-fabriek. Later volg [[Frankryk|Franse]] motorvervaardigers soos [[Citroën]] en [[Renault]] en [[Japan]]nese soos [[Toyota]] en [[Mazda]]. Daarnaas word ook [[trekker]]strekkers en ander landboumasjiene in Keulen vervaardig.
 
Met die Ryn as een van die belangrikste Europese waterweë, die lughawe Keulen-Bonn as die tweede grootste lugvragsentrum in Duitsland, 'n spoorwegnet met honderde daaglikse treinverbindings en 'n snelwegnetsnelwegnetwerk, wat twaalf grootpaaie insluit, behoort Keulen tot die leidende ekonomiese metropole in Europa.
 
Chemiese en petrochemiese nywerhede met dosyne raffinaderye lê soos 'n gordel rondom die stad. Ander belangrike nywerhede is masjienbou, elektriese apparate, enjins, voedselverwerking (onder meer [[sjokolade]] en [[suiker]]), brouerye en kosmetiek (met onder meer die beroemde Eau de Cologne).
 
Tientalle versekeringsmaatskappye het hulle hoofkwartiere in Keulen en maak van die stad 'n eersterangse sentrum van hierdie bedryf. Sedert die middeleeue is Keulen 'n finansiële sentrum met talle [[bank (finansiële instelling)|bank]]maatskappye.
 
Die mediabedryf met die grootste publiekeopenbare Duitse uitsaaikorporasie, die ''Westdeutscher Rundfunk (WDR)'', en 'n aantal private korporasiesprivaatkorporasies maak van Keulen 'n eersterangse sentrum vir televisie-, radio- en rolprentproduksies. Honderde ondernemings uit die persbedryfperswese en drukkerye het hulle hoofkwartiere in Keulen.
 
Internasionale handelskoue en vele besienswaardighede is die ekonomiese basis vir die plaaslike toerismebedryf[[toerisme]]bedryf.
 
== Museums ==
69 943

wysigings