Verskil tussen weergawes van "Blou"

687 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
ou feit-sjabloon
(ou feit-sjabloon)
 
* 'n "Blou grap" of "blou komedie" is snaaksigheid wat verwysings na taboe-onderwerpe bevat, soos [[seks]]uele of toilethumor.
* "Blou" kan ook verwys na melankolie of ongelukkigheid in die volksmond. Sien ook [[Blues]]musiek. "Blou lug", aan die ander kant, verwys na sonnige weer en bedoel gelukkigheid.{{feit|Julie 2014}}
* "Bloubaadjie" verwys baie keer na 'n polisieman; dit is die kleur van baie polisie-uniforms. Die polisie in [[Sjina]] het die kleur van hul uniforms van groen na blou verander in die laat [[1990]]'s, deels om hul burgerlike rol te beklemtoon.
* Blou word ook met baie [[lugmag]]te en [[vloot|vlote]] verbind, weens die kleur van hul formele uniforms, spesifiek [[vlootblou]] vir die vloot. Die ''Blue Angels'' is 'n akrobatiese vlugeskader van die [[Amerikaanse Vloot]].
** Blou wys ook op die werkersklas, afgelei van die tradisionele kleur van fabrieks- of winkeluniforms.{{feit|Julie 2014}}
* Blou word tradisioneel met seuns verbind, soos pienk met meisies verbind word. [[Babablou]] is 'n pastelkleur wat met klere of linnegoed vir seuntjies verbind word.
* Politiek:
** In die [[Republiek van Sjina]] op [[Taiwan]] is blou die kleur van die Kuomintang, en word as embleem gebruik deur partye wat Sjinese hervereniging ondersteun.
** Blou, soos [[wit]], mag die owerheid voorstel, teenoor die rewolusionêre [[rooi]] of [[swart]].
* "Blou wette" is 'n volksmondterm vir wette wat kwessies oor moraliteit beheer, soos [[alkohol]], dobbel of seksueel-eksplisiete materiale.{{feit|Julie 2014}}
* Die blou wimpel is 'n prys wat sedert die [[1860]]'s aan skepe toegeken word wat die vinnigste trans-[[Atlantiese Oseaan|Atlantiese]] vaart kon maak. 'n Blou lint word ook gebruik om iets van hoë kwaliteit te beskryf, en is oorspronklik die eerste pryse wat toegeken was in atletiese kompetisies.
* Blou word ook verbind met beserings, omdat dit die kleur van 'n kneusplek is.
* 'n ''Blou maan'' is die tweede [[volmaan]] in 'n kalendermaand, die derde volmaan in 'n seisoen wat vier het, of 'n maan wat blou voorkom weens sekere deeltjies in die atmosfeer. Al drie is só raar dat "een keer in 'n blou maand" beteken "feitlik nooit".
* 'n Blou [[hond]] het 'n pelskleur wat hoofsaaklik grys of [[silwer (kleur)|silwer]] is. Sien "Kerry Blouterrier" vir 'n soliede "blou" pels, of [[Australiese herdershond]] vir blou merle.
* ''Bloubladsye'' is die telefoongids van regeringskantore, wat as óf 'n amptelike "blou boek" of 'n afdeling in 'n kommersiële gids kan voorkom. Dít teenoor die 'geelbladsye' of 'witbladsye'.{{feit}}
 
==Uitdrukkings==
22 778

wysigings