Verskil tussen weergawes van "Potchefstroom"

18 grepe bygevoeg ,  4 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
(ou feit-sjabloon)
| beeld_stadsilhoeët = Town Hall, Potgieter Street, Potchefstroom-001.jpg
| beeldgrootte =
| beeldbyskrif = Potchefstroom se stadsaal
| beeld_vlag = Burgers flag.svg
| vlaggrootte = 150px
| duimdrukkeretiketposisie= onderkant
| latd = 26 |latm = 42 |lats =
| longd = 27 |longm = 05 |longs =
| provinsie = Noordwes
| distrik = Dr. Kenneth Kaunda
}}
 
'''Potchefstroom''' is 'n stad in die [[Noordwes]]-provinsie van [[Suid-Afrika]]. Dit was die tweede oudste dorp in die ou [[Transvaal]]-provinsie naas die naburige [[Klerksdorp]]. Dit is in November [[1838]] deur [[Voortrekkers|Voortrekkerleier]] [[Hendrik Potgieter]] aan die oewers van die [[Mooirivier (Vaal)|Mooirivier]] gestig. Die stad staan ook as die "Stad van Deskundigheid" bekend. Dit beslaan 2&nbsp;573&nbsp;km² en het 162&nbsp;762 inwoners (munisipaliteit 2011).<ref>[http://www.statssa.gov.za/Census2011/Products/Census_2011_Municipal_fact_sheet.pdf Sensus 2011, Statistiek Suid-Afrika p.11 NW402: Tlokwe City Council]</ref>. Dit is 'n handel- en nywerheidsentrum vir die omliggende [[landbou|land]]- en mynboustreek. Potchefstroom is 120&nbsp;km wes-suidwes van [[Johannesburg]].
[[Lêer:Oak Avenue, Potchefstroom-002.jpg|duimnael|links|330px|'n Straat omsoom met eikebome in Potchefstroom]]
 
== Naamsverandering ==
Daar is tans 'n poging deur die ANC munisipale owerheid om die dorp se naam na ''Tlokwe'' te verander, maar baie inwoners het in opstand gekom teen die besluit - hierdie opstand word deur die organisasie Aksie Potchefstroom gelei. Die stadsraad staan wel as [[Tlokwe Plaaslike Munisipaliteit]] bekend.
 
== Universiteit ==
Potchefstroom is 'n groot akademiese dorp. Die Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, wat in 1869 op [[Burgersdorp]] gestig is, is in 1905 na Potchefstroom verskuif. In 1919 het "Het Potchefstroom Universiteitskollege voor Christelike Hooger Onderwijs" ontstaan uit die Literariese Departement van die Teologiese Skool. In 1951 is die PUK erken as 'n selfstandige [[universiteit]] wat bekend sou staan as die [[Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys]] (PU vir CHO).
 
Die PU vir CHO het in 2004 met die University of the Northwest in [[Mahikeng]] saamgesmelt om die [[Noordwes-Universiteit]] te word en sou voortaan bekend staan as die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hierdie multikampus en multidiverse universiteit het tot stand gekom nadat die regering verreikende veranderings in tersiëre onderwys aangebring het en wetgewing deurgevoer het wat die aantal tersiêre inrigtings in die land verminder het.
 
Die Potchefstroomkampus het 33&nbsp;000 studente.
== Woonbuurte ==
Potchefstroom se woonbuurte sluit die volgende in:
* Grimbeeck Park - langs die gholfbaan, tussen die Paryspad (R53) en die Mooirivier.
* Oewersig - Langs die Mooirivier, langs die Universiteit se sportterrein en die R501.
* Dam Omgewing - langs die Potchefstroom Dam
* Mooivallei Park - Langs die R501
* Van der Hoff Park - tussen die N12 en die PUK sportterrein.
* Die Bult - langs die PUK.
* Bailie Park - tussen die N12 en R53
* Miederpark - suid van die N12, en wes van die Mooirivier.
* Kannoniers Park - Tussen die R53 en die spoorlyn, suid van die Midiclinic Hospitaal.
* Bult Wes
* Bult Oos
* Dassierand - (aan die westekant van Potchefstroom) wes van die R53 na Ventersdorp
 
== Jool ==