Verskil tussen weergawes van "Higiëne"

20 grepe verwyder ,  4 jaar gelede
k
Etiket: 2017-bronwysiging
Huishoudelike higiëne  het betrekking op die higiëniese praktyke wat die insidensie van siektes en die verspreiding daarvan minimaliseer of voorkom in die huishoudelike omgewing en in alledaagse omstandighede soos sosiale geleenthede, openbare vervoer, die werkplek en openbare plekke.
 
Higiëne tuis en in alledaagse situasies speel 'n belangrike rol om die verspreiding van aansteeklike siektes te voorkom.<ref name="globalburden">Bloomfield SF, Exner M, Fara GM, Nath KJ, Scott, EA; Van der Voorden C. The global burden of hygiene-related diseases in relation to the home and community. (2009) International Scientific Forum on Home Hygiene.</ref> Dit sluit prosedures in wat gebruik word in 'n verskeidenheid van huishoudelike situasies soos hand higiënehandhigiëne, respiratoriese higiëne, kos- en water higiënewaterhigiëne, algemene huishoudelike higiëne (higiëne van terreine en oppervlaktes), versorging van diere en  huishoudelike gesondheidsorg (die versorging van diegene wat 'n groter risiko loop om infeksie op te doen).
 
Hierdie komponente van higiëne word tans beskou as aparte kwessies, alhoewel dit gebaseer is op die dieselfde onderliggende mikrobiologiese beginsels. Die voorkoming van die verspreiding van aansteeklike siektes is daarin vervat dat die  ketting van infeksieoordrag verbreek moet word. Die eenvoudige beginsel is dat infeksie nie kan versprei wanneer die oordragketting verbreek is nie. In reaksie op die behoefte aan doeltreffende riglyne vir huishoudelike higiëne het die Internasional Scientific Forum on Home Hygiene 'n risiko-gebaseerde benadering (gebaseer op Hazard Analysis Critical Control Point ([[:en:HACCP|HACCP]]) ontwikkel wat bekend geword het as "geteikende higiëne". Geteikende higiëne is gebaseer op die identifisering van die roetes van die verspreiding van patogene in die huis, en die toepassing van higiëniese prosedures op kritieke punte en gepaste tye om die ketting van infeksie te verbreek.
 
Die belangrikste bronne van infeksie in die huis<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> is mense (wat  draers is of besmet is), voedsel (veral verwerkte voedsel) en water, en huishoudelike diere (in westerse lande meer as 50% van huishoudings een of meer troeteldiere). Daarbenewens is daar plekke waar stagnante water versamel — soos wasbakke, toilette, afvoerpype, skoonmaak gereedskap, waslappe — al hierdie ondersteun mikrobiese groei, en kan sekondêre reservoirs van infeksie wees. [[Mikro-organisme|Kieme]] (potensieel aansteeklike bakterieë, virusse, ens.) word voortdurend afgeskei  via slymvliese, [[ontlasting]], braaksel, velskubbe, ens. Wanneer die omstandighede dus kombineer, word mense blootgestel – hetsy direk of deur kos of water, en kan 'n infeksie ontwikkel. Die belangrikste "paaie" vir die verspreiding van kieme<ref name="sustainability">http://www.ifh-homehygiene.com/review/chain-infection-transmission-home-and-everyday-life-settings-and-role-hygiene-reducing-risk</ref> in die huis is die hande, hand – en voet kontakoppervlaktes, skoonmaak
lappe en gereedskap. Kieme kan ook versprei deur klere en huishoudelike linne soos handdoeke. Dienste soos toilette en wasbakke, byvoorbeeld, is ontwerp vir die veilige hantering van  menslike afval, maar daar is steeds risiko's verbonde wat krities kan wees op sekere tye, bv. wanneer iemand siek is  of diarree het. Veilige verwydering van menslike afval is 'n fundamentele behoefte; swak sanitasie is 'n primêre oorsaak van diarree en siekte in lae-inkomste gemeenskappe. Respiratoriese virusse en swamspore word ook deur die lug versprei.
 
Hand higiëne is sentraal tot die voorkoming van die verspreiding van aansteeklike siektes in die huis en die alledaagse lewe.<ref name="handhygiene">Bloomfield, SF, Aiello AE, Cookson B, O’Boyle C, Larson, EL, The effectiveness of hand hygiene procedures including hand-washing and alcohol-based hand sanitizers in reducing the risks of infections in home and community settings" American Journal of Infection Control 2007;35, suppl 1:S1-64</ref>
 
In situasies waar handewas met seep nie 'n opsie is nie (bv. in 'n openbare plek met geen toegang tot wasfasiliteite), kan 'n waterlose handreiniger soos 'n [[:en:Hand sanitizer|alkohol -handgel]] gebruik kan word. Om doeltreffend te wees, moet 'n alkohol -handgel nie minder as 60%v/v alkohol bevat nie. Handreinigers is nie 'n opsie in die meeste ontwikkelende lande nie. In situasies met beperkte water  is daar water-bewaringsoplossings, soos bv. die "tippy tap" of kantelkraan. Dit is 'n eenvoudige toestel waar 'n beker aan 'n tou opgehang word  en 'n voetpedaal getrap word om 'n klein hoeveelheid water oor die hande uit te giet, met 'n koekie [[seep]] daarnaas om hande te was.<ref>{{Cite news|first1=Ankita|last1=Rao|title=When Low-Tech Solutions Win|url=http://www.slate.com/blogs/future_tense/2014/09/11/tippytap_handwashing_stations_demonstrate_how_low_tech_solutions_can_win.html|publisher=|newspaper=Slate|date=11 September 2014|location=|issn=1091-2339|isbn=|pages=|volume=|series=|issue=|doi=|accessdate=}}</ref> In lae-inkomste gemeenskappe word modder of as somtyds gebruik as 'n alternatief vir seep.
 
Die Wêreld Gesondheidsorganisasie beveel aan dat hande met as gewas word in noodgevalle,<ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/publications/2011/tn5_treatment_water_en.pdf?ua=1</ref> By skole sonder toegang tot seep <ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/publications/wash_standards_school.pdf?ua=1</ref> en in ander moeilike situasies – soos post-noodgevalle – word die gebruik van skoon sand aanbeveel.<ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/emergencies/qa/emergencies_qa17/en/</ref> Die gebruik van as is algemeen en eksperimente het getoon dat dit ten minste so effektief soos seep is vir die verwydering van bakterieë.<ref>Baker et al. 2014 Association between Moderate-to-Severe Diarrhea in Young Children in the Global Enteric Multicenter Study (GEMS) and Types of Handwashing Materials Used by Caretakers in Mirzapur, Bangladesh.</ref>
# Filtrasie deur die gebruik van keramiek filters
# Sonkragontsmetting – Sonontsmetting is 'n effektiewe metode, veral wanneer daar geen chemiese ontsmettingsmiddels beskikbaar is nie.<ref>http://www.who.int/water_sanitation_health/dwq/wsh0207/en/</ref>
# UV -bestraling -  Die lampe kan bo-oor die watermassa opgehang word of onder die watervloei wees.
# Gekombineer flokkulasie/ontsmetting stelsels – beskikbaar as poeiersakkies  wat stolling en vlokking van sediment bewerkstellig, gevolg deur die vrystelling van chloor.
# Multi-versperringsmetodes – Sommige stelsels maak gebruik van twee of meer van die bogenoemde metodes in kombinasie of opeenvolgend om die  doeltreffendheid te optimaliseer.