Verskil tussen weergawes van "Djiboeti"

184 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
geen wysigingsopsomming nie
k (Vervang: Rooi See → Rooisee using AWB)
 
== Geskiedenis ==
Die gebied van Djiboeti word al reeds duisende jare gelede deur verskillende nomadiese groepe bewoon, waarna daar verwys word in antieke musiek en gedigte. Hulle het ook [[Leer (stof)|leer]] en pels verhandel vir [[spesery]]e en parfuum met bewoners van antieke [[Egipte]], [[Indië]] en [[SjinaChina]]. Die huidige bewoners is die [[Afar (etnisiteit)|Afar]] en die [[Somali (etnisiteit)|Somali]] Issa stamme. Hierdie stamme het in die laaste 1000 jaar gereeld handelskontak met die Arabiere gehad en was van die eerste stamme in Afrika om [[Islam]] as hulle geloof aan te neem.
 
In die [[19de eeu]] vestig [[Frankryk]] 'n protektoraat in die gebied genaamd '''Frans-Somaliland''', regeer deur [[Léonce Lagarde]]. Onafhanklikheid was verklaar in [[1887]] toe 'n plaaslike stam die 8 permanente soldate wat daar geplaas was, omver gewerp het. Dié periode van onafhanklikheid het egter slegs 3 weke geduur, waarna die gebied weereens gekoloniseer was. In [[1967]] word die naam verander na die '''Franse Gebied van die Afare en die Issa's'''. Op [[27 Junie]] [[1977]] word die land as '''Djiboeti''' onafhanklikheid toegeken.
 
== Politiek ==
<!--:''Hoofartikel: [[Politiek van Djiboeti]].''-->
"Ismail Omar Guelleh is Saterdag ingesweer vir 'n tweede en finale ses-jaar termyn as president van die piepklein nasie aan Horing van Afrika ", is berig deur die amptelike nuusagentskap, ''Agence Djiboutienne d'Information'' (ADI). Guelleh het 100 persent van die stemme verwerf in 'n eenmanstryd op [[8 April]]. Volgens ADI het 78,9 persent van ongeveer 197&nbsp;000 geregistreerde kiesers 'n stem uitgebring - by 200 stembusse – oral in die land. Opposisiepartye boikot die verkiesing en beskryf dit as "belaglik, gemanipuleer<!--rigged--> en 'n gemors". Verskeie leiers uit die omliggende streek was teenwoordig by die inhuldigingseremonie.
 
Djiboeti se tweede president, Guelleh is vir die eerste keer in 1999 verkies toe hy oorgeneem het by sy oom, Hassan Gouled Aptidon, wat die land sedert onafhanklikheid van Frankryk in 1977 regeer het. {{ref|www.irinnews.org.319}}
 
Die staatshoof van Djiboeti is die [[president]], wat vir 'n termyn van ses jaar verkies word. Die president stel die eerste-minister aan en staan aan die hoof van die raad van ministers.
 
== Geografie ==
[[Lêer:Djoboeti.png|thumbduimnael|250px|Kaart wat Djiboeti vertoon]]
Die land is geleë in die [[Groot Skeurvallei]] en grens aan die [[Rooisee]]. Die [[Assalmeer]] is die laagste punt van [[Afrika]] en is 155&nbsp;m onder seevlak.
 
== Ekonomie ==
Djiboeti se ekonomie is gegrond op diensaktiwiteite wat verband hou met die land se strategiese ligging en status as 'n vryhandelsgebied in Noordoos-Afrika. Twee-derdes van die inwoners woon in die hoofstad, die res is meestal nomadiese veewagters. Geringe reënval beperk verbouing van gewasse tot [[vrugvrugte]]te en [[groente]], en meeste voedsel moet ingevoer word.
<!--:''Hoofartikel: [[Ekonomie van Djiboeti]].''-->
Djiboeti se ekonomie is gegrond op diensaktiwiteite wat verband hou met die land se strategiese ligging en status as 'n vryhandelsgebied in Noordoos-Afrika. Twee-derdes van die inwoners woon in die hoofstad, die res is meestal nomadiese veewagters. Geringe reënval beperk verbouing van gewasse tot [[vrug]]te en [[groente]], en meeste voedsel moet ingevoer word.
 
Djiboeti verskaf dienste beide as 'n deurvoerhawe vir streek- en internasionale oorskeping en brandstofherlaaisentrum. Dit het min natuurlike hulpbronne en min [[nywerheid|nywerhede]]. Die nasie is daarom swaar afhanklik van buitelandse bystand om die land se betalingsbalans en finansiering van ontwikkelingsprojekte te ondersteun. [[Werkloosheid]]koers wat op 40% tot 50% staan bly steeds 'n groot probleem. [[Inflasie]] is egter nie 'n probleem nie as gevolg van die vaste koppeling van die [[Djibouti frank|frank]] aan die [[VSA dollar]]. Per capita verbruik het met sowat 35% gedaal oor die laaste sewe jaar as gevolg van [[resessie]], [[burgeroorlog]], en hoë [[bevolkingsgroeitempo]] (insluitend immigrante en vlugtelinge). Hernude gevegte tussen Ethiopië en Eritrea het ook normale eksterne handelskanale versteur. Met veelvuldige ekonomiese probleme wat in die gesig gestaar word, het die regering agterstallig geraak in die terugbetaling van langtermyn buitelandse skuld en sukkel om te hou by die bepalings van buitelandse skenkers.
 
== Demografie ==
<!--:''Hoofartikel: [[Demografie van Djiboeti]]''.-->
Die bevolking kan in twee hoofgroepe verdeel word, die [[Issa]], of [[Somali (etnisiteit)|Somali]] bevolking, wat 60% beslaan, en die [[Afar (etnisiteit)|Afar]], van omtrent 35%. Die res bestaan uit [[Europa|Europeërs]] (meestal [[Frankryk|Franse]] en [[Italië|Italianers]]), [[Arabier]]e en [[Ethiopië]]rs. Die teenwoordigheid van twee verskillende groepe was die oorsaak van die burgeroorlog van die begin van die [[1990's]].
 
76 116

wysigings