Verskil tussen weergawes van "Eben Dönges"

2 grepe verwyder ,  2 jaar gelede
k
 
== Toetrede tot die politiek ==
[[Lêer:Suid-Afrikaanse kabinet 1958.jpg|duimnael|regs|300px|Die Suid-Afrikaanse kabinet in 1958. Voor: dr. [[Eben Dönges]], [[Paul Sauer]], dr. [[Hendrik Verwoerd]], dr. [[E.G. Jansen]], adv. [[C.R. Swart]], adv. [[Eric Louw]]. Agter: J.J. Serfontein, M.D.C. de Wet, dr. [[Albertus van Rhyn|A.J.R. van Rhijn]], sen. [[Jan de Klerk]], [[Ben Schoeman]], [[PK le Roux]], adv. F.C. Erasmus en [[Tom Naudé]].]]
 
Benewens sy dubbele redaksionele betrokkenheid is hy ook in 1924 in [[Pretoria]] tot die Transvaalse balie toegelaat en nadat hy sy werk by ''[[Die Burger]]'' bedank het, is hy in 1927 tot die Kaapse balie toegelaat. Van 1929 tot 1939 het hy as deeltydse regsadviseur vir die Kaapse Provinsiale Administrasie opgetree, hoewel hy reeds in 1937 tot die Vrystaatse Afdeling van die Hooggeregshof toegelaat is. In 1939 het hy senior advokaat geword en tot 1948 gepraktiseer. Hy was een van enkele Suid-Afrikaners wat ’n saak voor die Geheime Raad in Londen behartig het. Tesame met sy regswerk was hy ook deeltydse lektor in die regte aan die [[Universiteit van Stellenbosch]], waar hy die uitleg van wette gedoseer het en gespesialiseer het in die maatskappyreg.
In 1941, ná die uittrede van Hertzog en [[N.C. Havenga]] uit die politiek, het Dönges as kandidaat van die HNP in [[Fauresmith (kiesafdeling)|Fauresmith]] (Havenga se setel) gestaan en P.P. Swanepoel van die [[Afrikanerparty]] (AP) beslissend met 1 580 stemme verslaan. In 1943 het hy teen twee kandidate gewen met ’n meerderheid van 2 028 stemme. As parlementariër in die opposisiebanke het Dönges vinnig opgang gemaak en hom onderskei as die HNP se hoofwoordvoerder oor finansies. Hy het ook ’n belangrike bydrae in gekose komitees gelewer, soos die een wat ondersoek ingestel het na die "Duitse dokumente" en die Denk-geval en gehandel het oor kontak tussen Nasionaaldenkendes in Suid-Afrika en Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog.
 
: {| class="wikitable"
|-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0
!Datum
Met die [[Suid-Afrikaanse algemene verkiesing van 1948|algemene verkiesing van 1948]] het Dönges die [[Worcester (kiesafdeling)|kiesafdeling Worcester]] vir die HNP verower en dié kiesafdeling tot sy uittrede in 1967 vertegenwoordig. In die referendum van 1960 (om te stem vir of teen ’n republiek in die suide van Afrika) het 6 793 uit 10 215 in Worcester se kiesafdeling ten gunste van ’n republiek gestem.
 
: {| class="wikitable"
|-border=1 cellpadding=5 cellspacing=0
!Datum