Verskil tussen weergawes van "Špania Dolina"

32 grepe bygevoeg ,  2 jaar gelede
k
Robot: sjabloon by weesbladsy gevoeg; kosmetiese veranderinge
k
Etiket: 2017-bronwysiging
k (Robot: sjabloon by weesbladsy gevoeg; kosmetiese veranderinge)
 
{{Weesbladsy|datum=Augustus 2017}}
{| align="right" cellpadding="2" cellspacing="0" style="border:1px solid #88a; background:#CEDAF2; padding:5px; font-size: 85%; margin: 0 0 0.5em 1em; border-collapse:collapse;"
! align="center" colspan="2" style="color: #FFFFFF; background: #003399; padding: 4px; font-size:170%;" |
|- style="border-top:1px solid #999;"
|}
'''Špania Dolina''' (tot 1927 in [[Slowaaks]] ook ''Baňa'' genoem; [[Duits]]: ''Herrengrund'', [[Hongaars]]: ''Úrvölgy'' - tot 1882 gespel as ''Urvölgy'') is 'n nedersetting in [[Slowakye|Sentraal-Slowakye]]. Die dorp het eeue gelede as 'n afgeleë mynbounedersetting temidde van 'n berggebied ontstaan. Ook vandag word Špania Dolina, wat noord van Banská Bystrica (Duits:'' Neusohl'') geleë is, net deur 'n steil bergpad met ander nedersettings in die gebied verbind.
 
== Geskiedenis ==
Mynboubedrywighede in die omgewing het reeds in prehistoriese tye 'n aanvang geneem. Werktuie, wat hier deur argeoloë opgegrawe is, het tussen 2000 en 1700 v.C. ontstaan. Koper, wat oorspronklik hier ontgin is, is in bronsvoorwerpe op die [[Balkan]]skiereiland en die [[Midde-Ooste]] ontdek. Špania Dolina se myne het moontlik deel uitgemaak van 'n netwerk van handelsroetes wat gedurende die [[Bronstydperk]] bestaan het.
 
Die eerste historiese verwysing na die dorp as ''Montana'' dateer nogtans van 1263. Die groot [[koper]]- en [[silwer]]neerslae in die gebied, waarna in Duits as ''Kupfernes Neusohl ''verwys is, is aanvanklik deur mynwerkers uit Banská Bystrica ontgin. Ná 1494 het vroeë internasionale mynbouondernemings, waarin welvarende gesinne soos die Fuggers en Thurzos 'n leidende rol gespeel het, die bedryf oorgeneem. Vanaf die middel van die 16de eeu tot 1888 is die plaaslike myne deur die Weense Kamer van Mynbou bedryf.
 
Die welvarende streek het ook belangstelling by [[Alchemie|alchemiste]] en wysgere gewek. So het die befaamde alchemis Paracelsus hier 'n laboratorium wat deur die Huis Fugger befonds is. Die bekende [[Frankryk|Franse]] filosoof Montesquieu is deur [[Isaac Newton]] aangemoedig om 'n besoek aan Špania Dolina se kopermyne te bring en hulle te beskryf.
 
Reeds teen die begin van die 17de eeu was dit duidelik dat die plaaslike myne op die punt van uitputting was. In plaas daarvan is tradisionele tuisnywerhede soos kantwerk stelsematig ontwikkel. 'n Skool, wat opleiding in kantwerk verskaf het, is in 1883 geopen. Daarnaas was die vervaardiging van koperhouers 'n belangrike bron van inkomste. Die laaste myne is in 1888 gesluit. Tans is toerisme die belangrikste bedryf.
13 247

wysigings