Verskil tussen weergawes van "Strangford Lough"

k
Etiket: 2017-bronwysiging
Etiket: 2017-bronwysiging
 
Die kloostergemeenskappe het die nodige tegnologiese en organisatoriese vaardighede saamgebring om Strangford Lough se seehulpbronne op 'n kommersiële skaal te ontgin. Op talle plekke is 7de eeuse visvalle gevind wat van hout gemaak is. Monnike van die Nendrum-klooster op Mahee-eiland het selfs 'n gevorderde tegnologie ontwikkel om hul koringmeule aan te dryf. Hulle het 'n reeks mure in die see gebou waarin water tydens die hooggety opgedam is. Hierdie water is later deur 'n opening vrygelaat wat 'n horisontale meulwiel laat draai het. Die vroegste van dié getyemeule dateer van 619 wat dit die oudste in heel Europa maak.
 
=== Wiking-tydperk ===
Wikings, wat tussen die 9de en 11de gereeld met hul skepe in Strangford Lough aangedoen het, het aan die see-inham se Noorse naam gegee wat as "plek van sterk strominge" of "sterk fjord" vertaal kan word. Sommige van hulle het aangetrokke gevoel deur die kloostergemeenskappe se rykdomme. Ander weer was blykbaar nie van voorneme om kloosters te plunder nie, maar het 'n besoek aan die gebied gebring om handel te dryf. Sommige Noormanne het hulle selfs permanent hier gevestig.
 
== Verwysings ==